SPREUKE 17:9-10
SPREUKE 17:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat maak of hy nie sien wanneer iemand anders iets teen hom doen nie, is iemand wat lief is vir mense. Iemand wat vertel wat ander mense oor mekaar sê, laat vriende kwaad word vir mekaar. 'n Verstandige mens luister wanneer iemand met hom raas, maar 'n dwaas luister nie, hy luister ook nie wanneer hulle hom 100 maal met 'n stok slaan nie.
SPREUKE 17:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar. 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.
SPREUKE 17:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie 'n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende. 'n Enkele dreigement maak meer indruk op 'n verstandige mens as honderd houe op 'n dwaas.
SPREUKE 17:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie 'n oortreding bedek, streef na liefde, maar wie 'n saak telkens ophaal, skei boesemvriende. 'n Dreigement maak 'n groter indruk op iemand met insig as honderd houe op 'n dwaas.
SPREUKE 17:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak herhaal, skei baie vriende. 'n Teregwysing kom meer in 'n wyse man as honderd slae in 'n dwaas.
SPREUKE 17:9-10 Die Boodskap (DB)
As jy mense vergewe wat jou te kort doen of sleg van jou praat, verstaan jy God se liefde baie goed. Wie iemand altyd verwyt of hom aan sy skuld herinner, verloor gou al sy vriende. ’n Persoon wat die Here ken, luister as iemand hom op sy foute wys. Hy neem dit ernstig op en dink daaroor na. ’n Dom mens kan jy slaan en slaan, maar hy hou aan om verkeerd te doen.