SPREUKE 17:17-18
SPREUKE 17:17-18 Die Boodskap (DB)
Kies jou vriende versigtig. ’n Ware vriend sal jou deur dik en dun bystaan. Soos ’n goeie broer is hy altyd by jou. ’n Mooiweersvriend sal jou net ondersteun terwyl dit goed gaan. Pas op vir finansiële risiko’s, vir lenings waaraan jy swaar afbetaal. Moet tog nie vir iemand borg teken nie. Dit is ’n dom ding. Jy gaan aan die kortste ent trek.
SPREUKE 17:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Jy kan altyd weet dat 'n vriend lief sal wees vir jou en dat 'n broer daar is om te help wanneer dit sleg gaan met jou. 'n Mens wat nie verstand het nie, sal borg staan en sê dat hy sy vriend se skuld sal betaal.
SPREUKE 17:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood. Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.
SPREUKE 17:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood. Dit is 'n mens sonder insig wat borg staan, wat instaan vir die skuld van sy naaste.
SPREUKE 17:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Vriend betoon te alle tye liefde, en 'n broer is gebore vir tye van nood. 'n Mens sonder verstand gee hand; hy staan borg vir sy medemens.
SPREUKE 17:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Vriend het te alle tye lief, en 'n broer word vir teëspoed gebore. 'n Man sonder verstand slaan die hand en word borg in die teenwoordigheid van sy vriend.