SPREUKE 16:8-9
SPREUKE 16:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dis beter om arm te wees en regverdig, as om ryk en oneerlik te wees. ’n Mens beplan sy koers, maar die HERE bepaal sy bestemming.
SPREUKE 16:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Dit is beter om 'n bietjie te hê wat jy eerlik gekry het as om baie te hê wat jy nie eerlik gekry het nie. 'n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen, maar dit is die Here wat besluit wat sal gebeur.
SPREUKE 16:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg. Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.
SPREUKE 16:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Liewer min hê en reg lewe as baie inkomste hê deur onreg. 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.
SPREUKE 16:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Bietjie, saam met geregtigheid, is beter as 'n groot inkomste verkry deur onreg. Die hart van 'n mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal sy voetstappe.
SPREUKE 16:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Beter is 'n bietjie met geregtigheid as groot inkomste sonder reg. 'n Man se hart beraam sy weg, maar die HERE rig sy voetstappe.
SPREUKE 16:8-9 Die Boodskap (DB)
Liewer eerlik wees en min besit as ’n sak vol geld wat oneerlik verkry is. Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.