SPREUKE 16:28-30
SPREUKE 16:28-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende. Iemand wat niks ontsien nie, mislei sy naaste en laat hom 'n verkeerde pad loop. Wie met sy oog knik, wil die waarheid verdraai; wie sy lippe saampers, is vasbeslote oor 'n boosheid.
SPREUKE 16:28-30 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat ander mense wil bedrieg, laat mense twis, hy hou aan om te skinder en hy maak vriende kwaad vir mekaar. Iemand wat ander mense altyd wil seermaak en doodmaak, bedrieg sy vriend en hy lei die vriend op 'n verkeerde pad. Wanneer iemand sy oë knip vir jou, dan wil hy iemand bedrieg, wanneer hy niks sê nie, dan het hy klaar besluit om 'n verkeerde ding te doen.
SPREUKE 16:28-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar. 'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie. Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.
SPREUKE 16:28-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende. Iemand wat niks ontsien nie, mislei sy naaste en laat hom 'n verkeerde pad loop. Wie met sy oog knik, wil die waarheid verdraai; wie sy lippe saampers, is vasbeslote oor 'n boosheid.
SPREUKE 16:28-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Verdorwe mens ontketen stryd, en 'n kwaadstoker skei boesemvriende. 'n Man van geweld verlei sy medemens, en laat hom 'n pad loop wat nie goed is nie. Wie sy oë toeknyp, is besig om verdorwe dinge te beplan; wie sy lippe saampers, het die kwaad reeds gedoen.
SPREUKE 16:28-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Onverstandige man saai twis, en 'n fluisteraar skei die hoofvriende. 'n Gewelddadige man verlok sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie. Hy sluit sy oë om verkeerde dinge te bedink; deur sy lippe te beweeg, bring hy onheil uit.
SPREUKE 16:28-30 Die Boodskap (DB)
Mense wat ompaaie met die waarheid loop, veroorsaak oral rusie. ’n Skindertong vernietig mooi vriendskappe. ’n Hartelose mens gee vir niemand om nie. Selfs sy beste vriend maak hy seer. Wie skelmpies vir ander knipoog, beplan iets verkeerds. Wie met sy hand op sy mond sit, swyg oor wat verkeerd is.
SPREUKE 16:28-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand wat leuens verkoop, sit rusie aan die gang. Iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende. Iemand wat geweld voorstaan, mislei sy naaste en lei hom op ’n verkeerde pad. Iemand wat met sy oog knik, is besig om slinkse planne uit te dink. Hy pers sy lippe saam, so vasberade is hy oor sy boosheid.