SPREUKE 16:26-27
SPREUKE 16:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Werker se honger laat hom werk, sy behoefte aan kos dryf hom. 'n Kwaadwillige mens bring net teenspoed; wat hy sê, is soos 'n verterende vuur.
SPREUKE 16:26-27 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n werker honger is, dan werk hy hard, sy honger jaag hom sodat hy kan eet. 'n Slegte mens dink en praat net slegte dinge, alles wat hy sê, is soos 'n vuur wat brand.
SPREUKE 16:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan. 'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur.
SPREUKE 16:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Werker se honger laat hom werk, sy behoefte aan kos dryf hom. 'n Kwaadwillige mens bring net teenspoed; wat hy sê, is soos 'n verterende vuur.
SPREUKE 16:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die eetlus van 'n werker laat hom hard werk; ja, sy mond spoor hom aan. 'n Deugniet grawe onheil uit, en op sy lippe is dit soos 'n versengende vuur.
SPREUKE 16:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat arbei, arbei vir homself; want sy mond begeer dit van hom. 'n Goddelose man grawe onheil op, en op sy lippe is daar soos 'n brandende vuur.