SPREUKE 16:19-20
SPREUKE 16:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Dit is beter om nederig te wees saam met die mense wat hulleself nie kan beskerm nie, beter as om ander mense se goed te vat en dan saam met hoogmoedige mense te lewe. Dit sal goed gaan met iemand wat doen wat 'n mens vir hom leer, hy sal gelukkig wees as hy glo dat die Here sal doen wat Hy belowe het.
SPREUKE 16:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards. Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.
SPREUKE 16:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe. Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet; wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed.
SPREUKE 16:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Nederige gees saam met magteloses is beter as om buit te verdeel saam met hovaardiges. Wie hom toespits op 'n saak, sal sukses behaal, en wie op die HERE vertrou, is gelukkig.
SPREUKE 16:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is beter om nederig te wees met die nederiges, as om buit te deel met die hoogmoediges. Wie 'n saak met wysheid hanteer, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, gelukkig is hy.