SPREUKE 14:17-19
SPREUKE 14:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge. Almal haat ’n agterbakse mens. ’n Dom mens ly onder sy eie dwaasheid. Verstandige mense word met kennis bekroon. Slegte mense moet buig voor goeie mense, en goddelose mense by die deur van regverdiges.
SPREUKE 14:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat gou kwaad word, doen dom dinge. Mense haat iemand wat skelm planne maak. Mense wat baie min weet en wat nie wil leer nie, word dwase. Slim mense weet baie, en ander mense sien dit. Slegte mense moet buig voor goeie mense, mense wat verkeerd doen, moet buig by die poorte van die mense wat reg lewe.
SPREUKE 14:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat. Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon. Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.
SPREUKE 14:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie kort van draad is, begaan dwaashede; 'n agterbakse mens maak hom gehaat. Mense wat ervaring kortkom, sit met hulle eie dwaasheid; verstandige mense word met kennis bekroon. Slegte mense moet voor goeies buig, goddeloses moet buig wanneer 'n regverdige by sy huis uitkom.
SPREUKE 14:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie kort van humeur is, begaan 'n sotheid, en iemand met slinkse planne word gehaat. Onverstandiges erf sotheid, maar slim mense dra kennis as hoofbedekking. Slegtes buig neer voor goeies, en goddeloses by die poorte van 'n regverdige.
SPREUKE 14:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat gou toornig is, handel dwaas, en 'n man met goddelose planne word gehaat. Die eenvoudiges beërf dwaasheid, maar die verstandiges word met kennis gekroon. Die slegtes buig voor die goeies; en die goddelose by die poorte van die regverdiges.
SPREUKE 14:17-19 Die Boodskap (DB)
’n Humeurige mens doen en sê die verkeerdste dinge. ’n Glibberige mens en sy slinkse plannetjies word gehaat. ’n Mens wat nie weet hoe om reg te leef nie, se lewe is leeg. Lewenswysheid maak jou gelukkig. Slegte mense sal nog eendag die gelowiges se leefwyse bewonder. Hulle sal die gelowige se insig in die lewe begeer.
SPREUKE 14:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge. Almal haat ’n agterbakse mens. ’n Dom mens ly onder sy eie dwaasheid. Verstandige mense word met kennis bekroon. Slegte mense moet buig voor goeie mense, en goddelose mense by die deur van regverdiges.