SPREUKE 14:13-14
SPREUKE 14:13-14 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens kan lag, ook wanneer hy hartseer is, maar hy kan ook eers bly wees en dan later huil en treur. Iemand wat verkeerd lewe, sal die straf kry wat hy moet kry, maar 'n goeie mens sal meer kry as wat hy moet kry.
SPREUKE 14:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis. Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.
SPREUKE 14:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Mens kan lag terwyl hy treur, die uiteinde van vreugde kan kommer wees. 'n Onbetroubare mens kry sy verdiende loon; 'n goeie mens ontvang meer as sy beloning.
SPREUKE 14:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ook onder gelag kan 'n hart pyn ervaar; die einde van vreugde is verdriet. Van sy eie optrede kry 'n afvallige genoeg, en 'n goeie man kry genoeg van wat oor hom kom.
SPREUKE 14:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Selfs in die lag is die hart bedroef; en die einde van daardie vreugde is swaar. Die afvallige van hart word versadig met sy eie weë, en 'n goeie man word versadig van homself.