SPREUKE 12:22-23
SPREUKE 12:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Die Here haat iemand wat lieg, maar Hy hou van mense wat die regte dinge doen. 'n Verstandige mens sê nie vir almal wat hy weet nie, maar 'n dwaas skree en sê die dom dinge waaraan hy dink.
SPREUKE 12:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel. 'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.
SPREUKE 12:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het 'n afsku van leuenaars; Hy hou van betroubare mense. 'n Verstandige mens loop nie te koop met sy kennis nie; dwase basuin hulle dwaasheid uit.
SPREUKE 12:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Afstootlik vir die HERE is vals lippe, maar hulle wat betroubaar optree, geniet sy goedkeuring. 'n Slim mens hou sy kennis verborge, maar die harte van dwase roep uit: “Sotheid!”
SPREUKE 12:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vir die HERE is leuenagtige lippe 'n gruwel, maar die wat waaragtig handel, is sy welbehae. 'n Verstandige mens verberg kennis, maar die hart van die dwase verkondig dwaasheid.