SPREUKE 12:15-17
SPREUKE 12:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad. 'n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; 'n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie. Wie die waarheid aan die lig bring, lewer betroubare getuienis; 'n getuie wat lieg, maak alles vals.
SPREUKE 12:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die pad van 'n sot is reg in sy eie oë, maar 'n wyse luister na raad. 'n Sot laat dadelik sy misnoeë blyk, maar 'n slim mens sien belediging oor die hoof. 'n Betroubare getuie bring na vore wat reg is, maar 'n vals getuie net wat bedrieglik is.
SPREUKE 12:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vir ’n dwaas is net sy eie pad die regte een. Iemand wat wys is, luister na ander se raad. ’n Dwaas is opvlieënd; ’n verstandige persoon bly kalm wanneer hy beledig word. Die regverdige mens getuig die waarheid; ’n getuie wat lieg, pleeg bedrog.
SPREUKE 12:15-17 Bybel vir almal (ABA)
'n Dwaas dink dit is reg om te lewe soos hy wil, maar 'n wyse mens luister wanneer iemand vir hom sê wat om te doen. 'n Dwaas wys dadelik wanneer hy kwaad is, 'n verstandige mens wys nie hoe hy voel wanneer mense hom beledig nie. Wanneer iemand die waarheid praat, dan bring hy 'n boodskap wat reg is, 'n getuie wat lieg, wil mense bedrieg.
SPREUKE 12:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad. Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande. Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.
SPREUKE 12:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar hy wat na raad luister, is wys. Die toorn van 'n dwaas is nou bekend, maar 'n verstandige man bedek skande. Hy wat die waarheid spreek, toon geregtigheid, maar 'n valse getuie bedrieg.
SPREUKE 12:15-17 Die Boodskap (DB)
Dit is net ’n dom mens wat dink dat hy alleen reg is, wat dink dat hy alleen oor die waarheid beskik. ’n Wyse mens luister graag na ander se raad. ’n Dom mens wys dadelik dat hy kwaad is. Hy doen niks om dit weg te steek nie. Almal kan sy woedende gesig sien. ’n Gelowige verontagsaam beledigings. Hy hoor dit sonder om hom te ontstel. ’n Gelowige praat altyd die waarheid. ’n Mens kan op sy woord staatmaak. ’n Vals mens lieg net.