SPREUKE 10:31-32
SPREUKE 10:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige, 'n tong wat kwaad stig, sal uitgesny word. Die regverdige weet om die gepaste ding te sê; die goddeloses stig kwaad met wat hulle sê.
SPREUKE 10:31-32 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n mens wat reg doen, praat, dan sê hy dinge wat wysheid is. 'n Mens wat altyd ander mense bedrieg, sal moet stilbly. 'n Mens wat reg lewe, weet wat die regte ding is om te sê, mense wat verkeerd doen, wil altyd ander mense bedrieg.
SPREUKE 10:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei. Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
SPREUKE 10:31-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die mond van 'n regverdige bring wysheid voort, maar 'n verworde tong word afgesny. Die lippe van 'n regverdige weet wat aanvaarbaar is, maar die mond van goddeloses verdraai woorde.
SPREUKE 10:31-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die mond van die regverdige bring wysheid voort, maar die verkeerde tong sal uitgeroei word. Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose spreek valsheid.