FILIPPENSE 2:19-30
FILIPPENSE 2:19-30 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil vir Timoteus gou na julle toe stuur, en ek hoop die Here Jesus sal dink dit is reg. Ek wil hoor hoe dit met julle gaan sodat ek ook beter kan voel. Ek het niemand anders wat soos Timoteus is nie. Hy sal julle graag help. Al die ander mense dink net aan hulle eie dinge, hulle dink nie aan die dinge van Jesus Christus nie. Maar julle weet Timoteus is 'n goeie mens. Julle weet dat hy saam met my gewerk het om die goeie boodskap te bring, hy het saam met my gewerk soos 'n seun saam met sy pa werk. Ek wil vir Timoteus na julle toe stuur wanneer ek weet wat hier met my sal gebeur. Ek weet die Here sal sorg dat ek ook gou na julle toe sal kom. Epafroditos is my vriend en hy het regtig baie hard saam met my gewerk. Julle het hom na my toe gestuur om my met alles te help. Ek dink dit is nou belangrik dat ek vir Epafroditos terugstuur na julle toe, want hy verlang na julle almal en hy is bekommerd, hy weet julle het gehoor dat hy siek was. Epafroditos was regtig baie siek en hy het amper gesterf. Maar God was goed vir hom en hy het weer gesond geword. Ja, God was goed vir Epafroditos en ook vir my, want as hy gesterf het, dan sou ek nog baie swaarder gekry het. Ek stuur hom baie gou terug sodat julle hom self kan sien en weer bly kan wees. Dan sal ek minder bekommerd wees. Wanneer Epafroditos terug is by julle, dan moet julle bly wees en sê hy is welkom by julle omdat hy en julle aan die Here behoort. Ja, julle moet mense soos Epafroditos respekteer. Hy het amper gesterf omdat hy vir Christus gewerk het. Epafroditos het geweet dit is gevaarlik, maar hy het my kom help, hy het gedoen wat julle nie kon doen nie.
FILIPPENSE 2:19-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN ek hoop in die Here Jesus om Timótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het. Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie; want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie. Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het. Ek hoop dan om hom dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met my sal gaan; en ek vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom. Maar ek het dit noodsaaklik geag om Epafrodítus, my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle te stuur, want hy het na julle almal verlang en was besorg, omdat julle gehoor het dat hy siek was. Want hy was ook siek tot by die dood; maar God was hom barmhartig, en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie. Ek het hom dus des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek minder bedroef kan wees. Ontvang hom dan in die Here met alle blydskap en hou sulke manne in eer. Want ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en sy lewe gewaag om aan te vul wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.
FILIPPENSE 2:19-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek hoop om, as die Here Jesus wil, Timoteus gou na julle toe te stuur, sodat ek ook rus in my gemoed kan hê as ek gehoor het hoe dit met julle gaan. Ek het trouens niemand met dieselfde gesindheid as hy en wat julle belange so opreg sal behartig nie. Al die ander soek net hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie. Maar julle weet hoe betroubaar Timoteus is. Soos 'n kind saam met sy vader, het hy saam met my die saak van die evangelie gedien. Ek hoop om hom dadelik te stuur, sodra ek gesien het hoe my sake verloop. En ek vertrou dat, as die Here wil, ek self ook gou na julle toe sal kan kom. Ek ag dit noodsaaklik om die broer Epafroditos, my medewerker en medestryder wat deur julle hierheen gestuur is om my in my omstandighede by te staan, na julle toe terug te stuur. Hy verlang gedurig na julle almal en bly hom daaroor kwel dat julle van sy siekte gehoor het. Hy was ook inderdaad doodsiek, maar God het Hom oor Epafroditos ontferm, en nie net oor hom nie, maar ook oor my sodat ek nie verdriet op verdriet sou hê nie. Ek stuur hom dan nou ook so gou moontlik terug, sodat as julle hom weer sien, julle weer bly kan wees en ek minder besorg. Ontvang hom met oop arms as 'n broer in die Here, en bejeën manne soos hy met agting, want deur sy werk vir Christus het hy by die dood omgedraai. Hy het sy lewe gewaag om my die hulp te verleen wat julle self nie kon gee nie.
FILIPPENSE 2:19-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek hoop in die Here Jesus om Timoteus gou na julle te stuur, sodat ek ook bemoedig kan word wanneer ek julle omstandighede leer ken het. Want ek het geen ander geesgenoot wat hom opreg oor julle omstandighede sal bekommer nie. Almal soek net hulle eie belang, nie dié van Jesus •Christus nie. Julle weet hoe Timoteus homself bewys het, hoe hy soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my die evangelie bedien het. Ek hoop dus om hom te stuur, so gou as wat ek weet wat my omstandighede gaan wees. Ek vertrou op die Here dat ek ook self gou sal kom. Ek ag dit noodsaaklik om Epafroditus, my broer, medewerker en medestryder en julle gesant, my helper in nood, na julle te stuur. Hy het immers gedurig na julle almal verlang en was baie ontsteld omdat julle gehoor het dat hy siek geword het. Hy was werklik tot die dood toe siek, maar God het Hom ontferm, nie net oor hom nie, maar ook oor my, sodat ek nie een verdriet ná die ander sou ervaar nie. Daarom stuur ek hom nog dringender terug, sodat julle hom kan sien en weer bly kan wees, en ek minder bekommerd. Ontvang hom dan in die Here met groot blydskap, en respekteer mense soos hy, want deur sy werk vir Christus het hy na aan die dood gekom: Hy het sy lewe gewaag om, waar julle hulp aan my tekort geskiet het, dit aan te vul.
FILIPPENSE 2:19-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek vertrou op die Here Jesus om Timotheus binnekort na julle te stuur, sodat ek ook goed kan vertroos wanneer ek julle toestand ken. Want ek het geen eensgesind nie, wat natuurlik vir jou toestand sal sorg nie. Want almal soek hulle eie, nie die dinge wat aan Jesus Christus behoort nie. Maar julle ken die bewys van Hom, dat Hy, soos 'n seun by die vader, saam met My in die evangelie gedien het. Daarom hoop ek om hom gou te stuur, sodra ek sal sien hoe dit met my sal gaan. Maar ek vertrou op die Here dat ek self ook binnekort sal kom. Tog het ek gedink dat dit nodig was om Epafroditus, my broer, en metgesel in barensnood, en medesoldate, maar jou boodskapper, en hy wat aan my behoeftes gedien het, na jou te stuur. Want hy het na julle almal verlang en was vol bedroefdheid, omdat julle gehoor het dat hy siek was. Want hy was tot die dood toe siek, maar God het hom genadig; en nie alleen op hom nie, maar ook op my, sodat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie. Ek het hom dan des te versigtiger gestuur, sodat, wanneer julle hom weer sien, julle bly kan wees en ek minder bedroef kan wees. Ontvang hom dan in die Here met alle blydskap; en hou sulke in reputasie: Omdat hy vir die werk van Christus naby die dood was, nie aangaande sy lewe nie, om te voorsien in julle gebrek aan diens aan my.
FILIPPENSE 2:19-30 Die Boodskap (DB)
Ek hoop om Timoteus gou na julle toe te stuur, want dit is wat die Here Jesus wil hê. Ek kan aan niemand anders dink wat soveel vir julle omgee as hy nie. Al die ander is so besig met hulle eie dinge dat wat Jesus Christus wil hê vir hulle van minder belang is. Boonop ken julle Timoteus en weet wat daar in hom steek. Hy het die toets mos deeglik deurstaan. Soos ’n seun skouer aan skouer saam met sy pa werk, so het hy hom afgesloof om saam met my die mense van Jesus Christus te vertel. Ek moet erken dat ek ook baie bly sal wees om te hoor hoe dit met julle gaan. Nou ja, sodra die dinge hier afgehandel is en ek weet wat die toekoms vir my inhou, beplan ek om hom na julle toe te stuur. En ek hoop en bid dat die Here my sal toelaat om sommer kort op sy hakke na julle toe te kom. Ek dink ook die tyd het gekom om Epafroditos na julle toe terug te stuur. Hy het saam met my geswoeg en gesweet. Julle het hom mos na my toe gestuur om my te help. Nou stuur ek hom na julle toe terug. Hy verlang baie na julle. Dit het hom ook gepla dat julle van sy siekte gehoor het. Glo my, hy was baie siek. Hy het by die dood omgedraai. Maar God het nie van hom vergeet nie en hom gesond gemaak. God was nie net vir hom goed nie, maar ook vir my. As hy gesterf het, sou die hartseer vir my byna te veel gewees het. Ek sal hom so gou moontlik na julle toe terugstuur. Ek kan my nogal voorstel hoe bly julle gaan wees wanneer julle hom weer in lewende lywe sien. Vir my sal dit ook goed wees, want dan hoef ek my nie meer oor hom te bekommer nie. Gee hom ’n verwelkoming wat hy nie sommer sal vergeet nie, soos net ons Christene dit kan doen. Mense soos hy verdien dit. Hy was nie bang om selfs sy lewe te waag om alles vir Jesus te doen wat hy kon nie. Hy was amper dood, en dit om vir my te doen wat julle nie kon nie omdat julle so ver is.
FILIPPENSE 2:19-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek hoop om, as die Here Jesus wil, binnekort vir Timoteus na julle toe te stuur. Dit sal my goeddoen as ek weet hoe dit met julle gaan. Ek beskou Timoteus immers as die enigste persoon wat met ’n opregte gesindheid aan julle belange aandag sal gee. Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie. Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het. Soos ’n seun sy pa help, het hy saam met my gewerk om die Goeie Nuus uit te dra. Ek hoop om juis hóm na julle toe te stuur sodra ek duidelikheid het oor my eie posisie. Ek vertrou dat, as die Here wil, ek self ook binnekort na julle toe sal kan kom. Ek het gedink ek behoort Epafroditus, my broer, medewerker en medestryder, wat deur julle gestuur is om my in my nood by te staan, na julle toe terug te stuur. Hy verlang baie na julle almal en was bekommerd omdat julle gehoor het dat hy siek is. Hy was regtig doodsiek, maar God het genade aan hom bewys – nie net aan hom nie, maar ook aan my – sodat ek nie nog groter hartseer sou moes verduur nie. Ek stuur hom dus sommer dadelik terug sodat julle, wanneer julle hom sien, bly kan wees en ek minder bekommerd. Verwelkom hom dan in die Here met volle blydskap en respekteer mense soos hy, want vir die werk van Christus het hy by die dood omgedraai. Hy het sy lewe gewaag om my namens julle te help.