NUMERI 17:7-8
NUMERI 17:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het toe die kieries neergesit in die tent met die getuienis, in die teenwoordigheid van die Here. Toe Moses die volgende môre by die tent met die getuienis kom, was daar botsels aan die kierie van Aäron, wat daar was vir die stam Levi. Trouens, daar was nie net botsels aan nie, daar was ook bloeisels en dit het selfs ryp amandels gedra.
NUMERI 17:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het die stokke in die tabernakel voor die Here gaan neersit. Toe Moses die volgende dag in die tabernakel ingaan, kry hy Aäron se stok, wat die stam Levi verteenwoordig, vol bloeisels; dit het gebot en uitgeloop en amandeltjies aangehad.
NUMERI 17:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Moses het die kieries voor die Here neergesit in die tent waarin die tien gebooie is. Toe Moses die volgende dag in die tent kom, was daar takkies en blare aan Aäron se kierie. Daar het blomme uitgekom, en die kierie het ryp amandels gedra.
NUMERI 17:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Moses het die stawwe voor die aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit. En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!
NUMERI 17:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het die stawwe voor die HERE neergesit in die tent met die Getuienis. Die volgende dag toe Moses in die tent met die Getuienis kom, het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, begin bot! Dit het bloeisels laat uitspruit, blomme gedra en ryp amandels voortgebring.
NUMERI 17:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Moses het die latte voor die aangesig van die HERE neergelê in die tent van die Getuienis. En dit het gebeur dat Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingegaan het; en kyk, die staf van Aäron vir die huis van Levi het gebloei, en dit het knoppe voortgebring en bloeisels laat bloei en amandels opgelewer.
NUMERI 17:7-8 Die Boodskap (DB)
Moses het toe die kieries gevat en hulle in die tent gaan neersit, daar waar die Here se ark staan. Die volgende môre toe Moses by die tent ingaan, sien hy dat Aäron se kierie, wat die stam van Levi verteenwoordig, vol nuwe uitgroeisels was. Om die waarheid te sê, daar was nie net nuwe uitgroeisels aan die kierie nie, maar ook bloeisels en selfs ryp amandels.