NEHEMIA 6:3-4
NEHEMIA 6:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Ek het boodskappers na hulle toe gestuur om vir hulle te sê: “Ek doen 'n belangrike werk, ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stop? Hoekom moet ek dit los en na julle toe kom?” Hulle het vier maal dieselfde boodskap vir my gestuur, en ek het dieselfde antwoord vir hulle teruggestuur.
NEHEMIA 6:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe stuur ek boodskappers na hulle om te sê: Ek doen 'n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie. Waarom moet die werk ophou sodra ek dit verlaat om na julle af te kom? Nog vier keer het hulle op dieselfde manier na my gestuur, en ek hulle op dieselfde manier geantwoord.
NEHEMIA 6:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sê: “Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?” Hulle het dieselfde boodskap vier keer gestuur, en elke keer het ek dieselfde antwoord teruggestuur.
NEHEMIA 6:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het toe boodskappers na hulle gestuur en gesê: “Dit is 'n groot werk waarmee ek besig is; ek kan nie na julle afkom nie. Waarom moet die werk stilstaan omdat ek dit moet los en na julle afkom?” Hulle het dieselfde boodskap vier keer vir my gestuur, en ek het hulle op dieselfde manier bly antwoord.
NEHEMIA 6:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het boodskappers na hulle gestuur om te sê: Ek doen 'n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie; waarom sou die werk ophou as ek dit verlaat en na julle afkom? Maar hulle het vier maal van hierdie soort na my gestuur; en ek het hulle op dieselfde manier geantwoord.
NEHEMIA 6:3-4 Die Boodskap (DB)
Daarom het ek vir hulle ’n boodskap gestuur: “Ek is besig met baie belangrike werk, ek het nie nou tyd om soontoe te kom nie. In elk geval, waarom moet ek die werk laat stilstaan om na julle toe te kom?” Daardie spul het dieselfde boodskap vier keer na my toe gestuur en ek het elke keer vir hulle dieselfde antwoord teruggestuur.
NEHEMIA 6:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het toe vir hulle ’n boodskap teruggestuur: “Ek is met ’n groot taak besig, ek kan nie nou daarmee ophou en julle ontmoet nie.” Hulle het die boodskap vier keer vir my gestuur en elke keer het ek vir hulle dieselfde antwoord teruggestuur.