MARKUS 7:33-35
MARKUS 7:33-35 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het die man weggeneem van die ander mense. Hy het sy vingers in die man se ore gesteek en Hy het spoeg aan die man se tong gesmeer. Jesus het opgekyk na die hemel en hard gesug. Hy het vir die man gesê: “Effata!” Dit beteken “Gaan oop!” Die man kon dadelik hoor. Sy tong het los geword en hy het reg gepraat.
MARKUS 7:33-35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan; en nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en sê aan hom: Éffata, dit is: Gaan oop! En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat.
MARKUS 7:33-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer. Daarna het Hy na die hemel toe opgekyk, gesug en vir hom gesê: “Effata!” Dit beteken: Gaan oop! Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat.
MARKUS 7:33-35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat Hy die man eenkant toe geneem het, weg van die skare af, het Hy sy vingers in die man se ore gesteek, gespoeg en sy tong aangeraak. Nadat Hy na die hemel opgekyk het, sug Hy en sê vir hom: “Effata!” dit is, ‘Gaan oop!’ En dadelik is sy ore geopen, die band van sy tong losgemaak, en hy kon normaal praat.
MARKUS 7:33-35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het hom opsy gesit van die skare en sy vingers in sy ore gesit, en hy het gespoeg en sy tong aangeraak; En hy kyk op na die hemel, sug en sê vir hom: Effata, dit is: Maak oop! En dadelik het sy ore oopgegaan, en die snaar van sy tong is losgemaak, en hy het eenvoudig gepraat.
MARKUS 7:33-35 Die Boodskap (DB)
Jesus vat toe die man eenkant toe, weg van al die mense af. Hy druk sy vingers in die man se ore en raak met ’n bietjie spoeg op sy vinger aan die man se tong. Jesus kyk toe op hemel toe en met ’n diep sug sê Hy vir die man: “Effata.” (Dit beteken: “Gaan oop.”) Dadelik kon die man hoor en normaal praat.
MARKUS 7:33-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het hom opsy geneem, heeltemal weg van al die mense af. Toe steek Hy sy vingers in die man se ore en smeer spoeg aan sy tong. Terwyl Hy na die hemel toe opkyk, sug Hy swaar en beveel toe: “Gaan oop!” Oombliklik kon die man hoor en normaal praat!