MARKUS 13:32-33
MARKUS 13:32-33 Bybel vir almal (ABA)
“Niemand weet op watter dag en hoe laat in die dag Ek sal kom nie. Die engele in die hemel weet nie, ook nie Ek, die Seun, nie. Net die Vader weet dit. Julle moet wakker en gereed wees, want julle weet nie wanneer daardie dag sal kom nie.
MARKUS 13:32-33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. PAS op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
MARKUS 13:32-33 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie.
MARKUS 13:32-33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Van daardie dag en uur dra niemand kennis nie, selfs nie die engele in die hemel nie, en ook nie die •Seun nie – net die Vader. Pasop en wees waaksaam, want julle weet nie wanneer die vasgestelde tyd daar is nie.
MARKUS 13:32-33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar van daardie dag en daardie uur weet niemand nie, ook nie die engele wat in die hemele is nie, ook nie die Seun nie, maar die Vader. Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
MARKUS 13:32-33 Die Boodskap (DB)
“Net God weet die presiese datum en tyd wanneer die einde gaan kom. Die engele weet dit nie en ook nie sy Seun nie, net Hy, want Hy is die Een wat sal besluit wanneer dit sal wees. Wees daarom wakker en op julle hoede sodat julle nie onkant gevang word nie. Julle weet mos nie wanneer die einde gaan kom nie.
MARKUS 13:32-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie – ook nie die engele in die hemel of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader. Omdat julle dan nie weet wanneer die tyd daar is nie, wees oplettend en voortdurend waaksaam.