MARKUS 12:10-11
MARKUS 12:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Het julle hierdie woorde in die Ou Testament gelees? “ Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die hele gebou geword. Dit is die Here se werk, en dit is vir ons wonderlik.”
MARKUS 12:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword? Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë.
MARKUS 12:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle het tog al in die Skrif gelees: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë. ”
MARKUS 12:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle het tog hierdie Skrifgedeelte gelees, “ ‘Die klip wat die bouers afgekeur het, juis dit het die hoeksteen geword. Van die Here het dit gekom, en dit is wonderlik in ons oë.’ ”
MARKUS 12:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En het julle nie hierdie Skrif gelees nie; Die klip wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword: Dit het die Here gedoen, en dit is wonderlik in ons oë?
MARKUS 12:10-11 Die Boodskap (DB)
Het julle nog nooit die stukkie in die Skrif gelees nie waar daar staan: ‘’n Klip wat die bouers nie eens wou gebruik nie en eenkant toe gegooi het, het God reg bokant die voordeur ingebou vir almal om te sien. Die Here self het dit gedoen, en hoe wonderlik is dit nie vir ons om te sien nie’?”