MARKUS 1:16-17
MARKUS 1:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl Hy langs die See van Galilea loop, het Hy Simon en Andreas, die broer van Simon, nette in die see sien uitgooi, want hulle was vissers. Jesus sê toe vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense laat word.”
MARKUS 1:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het langs die See van Galilea geloop. Hy het gesien Simon en sy broer Andreas gooi hulle visnette in die see, want hulle was vissermanne. Jesus sê toe vir hulle: “Kom hier, kom saam met My, Ek sal julle lewens verander: Julle sal nog vissermanne wees, maar julle sal nie meer visse vang nie, julle sal mense bymekaarmaak vir God.”
MARKUS 1:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.
MARKUS 1:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”
MARKUS 1:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hy langs die see van Galilea loop, sien hy Simon en sy broer Andreas besig om 'n net in die see uit te gooi, want hulle was vissers. En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
MARKUS 1:16-17 Die Boodskap (DB)
Op ’n dag het Jesus langs die See van Galilea gestap. Daar kry Hy twee vissermanne wat besig was om hulle nette in die see te gooi. Dit was twee broers, Simon en Andreas. “Kom saam met My. Ek sal julle wys om op ’n ander manier vissers te wees, nie van vis nie, maar van mense, sê Jesus toe.”
MARKUS 1:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op ’n dag terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy hoe Simon en sy broer Andreas hulle visnette in die see uitgooi, want hulle was vissers van beroep. Jesus het na hulle geroep: “Kom, word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak!”