MATTEUS 8:24-25
MATTEUS 8:24-25 Bybel vir almal (ABA)
Daar het 'n baie groot storm op die see gekom en die branders het bo-oor die boot geslaan. Maar Jesus het vas geslaap. Die dissipels het na Jesus toe gegaan en hulle het Hom wakker gemaak. Hulle sê toe vir Hom: “Here, help ons! Ons sal verdrink!”
MATTEUS 8:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar het 'n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap. Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!
MATTEUS 8:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Skielik het daar 'n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap. Hulle kom toe en maak Hom wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan!”
MATTEUS 8:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Skielik bars daar 'n hewige storm op die see los, sodat die golwe die boot oorspoel het. Maar Hy het geslaap. Hulle het Hom gaan wakker maak en uitgeroep: “Here, red ons! Ons vergaan!”
MATTEUS 8:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, daar het 'n groot storm in die see gekom, sodat die skip met die golwe bedek was, maar hy het geslaap. En sy dissipels het na Hom gekom en Hom wakker gemaak en gesê: Here, red ons, ons vergaan.
MATTEUS 8:24-25 Die Boodskap (DB)
Op pad oorkant toe het daar skielik ’n verskriklike storm op die meer losgebars. Die golwe was so hoog dat ’n mens nie eens meer die boot behoorlik kon sien nie. Tog het Jesus gelê en slaap. Hy het mos die vorige nag deurgewerk. Sy dissipels kon dit later nie meer hou nie en maak Hom wakker: “Here, help! Ons is besig om onder te gaan!”