MATTEUS 13:57-58
MATTEUS 13:57-58 Bybel vir almal (ABA)
Die mense het glad nie gehou van wat Jesus gesê en gedoen het nie. Jesus het vir hulle gesê: “Die mense in ander stede luister na 'n profeet en hulle respekteer hom. Maar die mense in die stad waar hy grootgeword het en die mense in sy eie huis respekteer hom nie.” Jesus het nie baie wonderwerke daar gedoen nie, want die mense het nie in Hom geglo nie.
MATTEUS 13:57-58 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis. En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.
MATTEUS 13:57-58 Afrikaans 1983 (AFR83)
En hulle wou niks van Hom weet nie. Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring.” Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie.
MATTEUS 13:57-58 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En hulle het aan Hom aanstoot geneem. Jesus het egter vir hulle gesê: “'n Profeet is nie sonder eer nie, behalwe in sy tuisdorp en in sy huis.” Vanweë hulle ongeloof het Hy nie baie kragtige dade daar gedoen nie.
MATTEUS 13:57-58 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle was aanstoot in hom. Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie sonder eer nie, behalwe in sy eie land en in sy huis. En hy het nie baie magtige werke daar gedoen vanweë hulle ongeloof nie.
MATTEUS 13:57-58 Die Boodskap (DB)
Daarom het hulle hul skouers vir Hom opgetrek en gemaak asof hulle Hom nie raaksien nie. Jesus was gelate daaroor: “Nou ja, so gaan dit maar. Oral erken mense dat hulle by My die boodskap van God duidelik hoor. Maar hier by die huis hou my eie mense hulle snaaks en wil niks hoor en nie na rede luister nie.” Jesus het nie eens verder gesukkel nie. Omdat hulle Hom so sleg behandel het, het Hy nie juis veel wonderwerke daar gedoen nie.
MATTEUS 13:57-58 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle was verontwaardig en wou niks van Hom weet nie. Daarop het Jesus vir hulle gesê: “’n Profeet word oral gerespekteer behalwe in sy tuisdorp en in sy eie familiekring.” As gevolg van hulle ongeloof het Hy daar maar min wonderwerke gedoen.