Matteus 13:57-58

Matteus 13:57-58 ABA

Die mense het glad nie gehou van wat Jesus gesê en gedoen het nie. Jesus het vir hulle gesê: “Die mense in ander stede luister na 'n profeet en hulle respekteer hom. Maar die mense in die stad waar hy grootgeword het en die mense in sy eie huis respekteer hom nie.” Jesus het nie baie wonderwerke daar gedoen nie, want die mense het nie in Hom geglo nie.