LUKAS 6:39-40
LUKAS 6:39-40 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het die volgende voorbeelde gebruik om vir hulle nog iets te sê: “'n Blinde mens kan nie 'n ander blinde mens lei nie. Want hulle sal saam in 'n sloot val. “'n Dissipel is nie belangriker as die meneer by wie hy leer nie. Maar as hy alles geleer het, dan sal hy wees soos sy meneer.
LUKAS 6:39-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het vir hulle 'n gelykenis uitgespreek: 'n Blinde kan tog nie 'n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie? 'n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.
LUKAS 6:39-40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het ook met beeldspraak vir hulle gesê: “Kan 'n blinde miskien 'n ander blinde lei? Sal hulle nie altwee in 'n sloot val nie? 'n Leerling is nie hoër as sy leermeester nie, maar iemand wat volleerd is, sal aan sy leermeester gelyk wees.
LUKAS 6:39-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het ook 'n gelykenis vir hulle vertel: “Een blinde kan tog nie 'n ander blinde rondlei nie? Sal hulle dan nie albei in 'n sloot val nie? 'n Dissipel is nie belangriker as sy leermeester nie; maar as hy sy opleiding voltooi het, sal hy sy leermeester se gelyke wees.
LUKAS 6:39-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy het 'n gelykenis aan hulle vertel: Kan 'n blinde 'n blinde lei? Sal hulle nie altwee in die sloot val nie? Die dissipel is nie bo sy heer nie, maar elkeen wat volmaak is, sal soos sy heer wees.
LUKAS 6:39-40 Die Boodskap (DB)
“As jy blind is, kan jy nie ’n ander blinde rondlei nie. Kort voor lank val julle albei in ’n sloot. “’n Leerling is nooit belangriker as sy onderwyser nie. As hy alles weet wat sy onderwyser hom geleer het, weet hulle ewe veel. Ken daarom jou plek voor God en ander. Wees nederig.
LUKAS 6:39-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan ’n blinde persoon ’n ander blinde lei? Die eerste sal in ’n sloot val en die ander een saam aftrek. ’n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word.