LUKAS 2:46-47
LUKAS 2:46-47 Bybel vir almal (ABA)
Ná drie dae het hulle Hom in die tempel gekry. Hy het tussen die slim mense gesit en Hy het na hulle geluister en vir hulle vrae gevra. Almal wat na Jesus geluister het, was baie verbaas omdat Hy so slim was en so goed kon antwoord.
LUKAS 2:46-47 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra. En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.
LUKAS 2:46-47 Afrikaans 1983 (AFR83)
Na drie dae het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. Almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde.
LUKAS 2:46-47 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ná drie dae het hulle Hom op die tempelterrein gekry, waar Hy tussen die leermeesters sit en na hulle luister en hulle uitvra. Almal wat na Hom geluister het, was verstom oor sy insig en sy antwoorde.
LUKAS 2:46-47 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind waar hy tussen die dokters sit en hulle hoor en hulle vrae vra. En almal wat hom gehoor het, was verbaas oor sy begrip en antwoorde.
LUKAS 2:46-47 Die Boodskap (DB)
Na ’n lang soektog van drie dae het Josef en Maria vir Jesus in die tempel opgespoor. Hy het daar tussen die skrifkenners gesit. Hy het aandagtig na hulle geluister en allerhande vrae aan hulle gevra. Almal van hulle was verstom oor sy groot insig in die Bybel.