LUKAS 17:1-19
LUKAS 17:1-19 Die Boodskap (DB)
Toe sê Jesus vir sy volgelinge: “Dis nou maar eenmaal so dat daar allerhande sondes en versoekings in hierdie wêreld is. Maar Ek sê vir julle: daar wag groot probleme op almal wat hierdie sondes uitdink. Veral as hulle maak dat een van my klein kindertjies in die sonde val en die spoor byster raak. Sulke mense is dan beter daaraan toe in die middel van die see met ’n reuserots om die nek, want God gaan hulle verskriklik swaar straf. “Sorg dat jy elke dag op die regte pad bly. Wanneer dinge skeefloop tussen jou en ander gelowiges, gaan stel dit dadelik reg. Veral wanneer ’n ander gelowige ’n lelike ding aan jou doen. Gaan spreek hom daaroor aan. As hy jammer is daaroor, moet jy hom dadelik vergewe en daarvan vergeet. Ja, al doen hy sewe keer elke dag lelike dinge aan jou en hy kom sê sewe keer vir jou: ‘Ek is verskriklik jammer oor wat ek gedoen het. Vergewe my, asseblief,’ dan moet jy dit doen.” Toe sê Jesus se twaalf apostels vir Hom: “Here, dis so moeilik om al hierdie dinge te doen wat U sê. En ons geloof is so klein. Gee ons asseblief nog geloof.” “Julle sê julle wil meer geloof hê,” het Jesus dadelik gereageer. “Weet julle, julle hoef nie baie geloof te hê om groot dinge vir die Here te doen nie. ’n Klein bietjie is meer as genoeg. Gebruik dit net! Kyk, as julle geloof maar net so groot soos ’n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie vrugteboom gesê het: ‘Skuif! Gaan staan daar in die middel van die see.’ Dan sou die boom na julle geluister en see toe geskuif het.” “Wanneer julle iemand aanstel om in julle tuin te werk en om elke dag vir julle kos te maak, moet hy dit doen. As hy na ’n lang dag se werk in die tuin in die kombuis kom, sê julle mos nie vir hom nie: ‘Toemaar, jy hoef nie meer kos te maak nie. Kom sit gou hier op my plek aan die tafel. Omdat jy so moeg is, sal ek maar kos maak.’ “Nee, natuurlik nie. Julle sal eerder vir hom sê: ‘Toe, kry gou-gou die aandete gereed. Trek vir jou skoon klere aan en kom bedien ons. As ek en my gaste klaar geëet het, moet jy ook sorg dat alles opgeruim is. Daarna kan jy iets gaan eet.’ “Is dit nodig om daardie werker te smeek om elke dag in die tuin te werk of om die kos te maak? Moet julle heeltyd op julle knieë staan en hom soebat? Nee, natuurlik nie. “So gaan dit ook met julle wanneer julle My dien. Wanneer julle alles gedoen het wat Ek vir julle gesê het om te doen, hoef Ek mos nie ’n sertifikaat vir goeie diens aan julle te gee nie. Nee, julle is mos in my diens. Julle moet doen wat Ek sê. Al wat julle van julle kant af hoef te sê, is: ‘Ons is so gelukkig dat Jesus ons gekies het om sy dienaars te wees. Ons verdien dit nie. Daarom is dit ons plig om alles te doen wat Hy sê.’” Op pad Jerusalem toe het Jesus deur Samaria en Galilea gereis. In een van die dorpe het tien melaatses op Hom afgekom. Hulle het ’n lelike velsiekte gehad wat veroorsaak het dat hulle nie tussen ander mense kon bly nie. Hulle het ’n hele ent van Jesus af gaan staan omdat hulle nie toegelaat is om naby gesonde mense te kom nie. Hulle roep toe hard uit: “Jesus, groot Leermeester, kry ons asseblief tog jammer!” Jesus sê toe vir hulle: “Gaan dadelik na die priester toe. Laat hy vir julle ’n sertifikaat gee as bewys dat julle gesond is.” Op pad soontoe het hulle melaatsheid verdwyn. Hulle vel was skielik weer normaal. Een van die mans was so bly daaroor dat hy dadelik omgedraai het. Hy het hardop begin bid en God se Naam grootgemaak. Die man het tot by Jesus gehardloop, voor Hom in die stof neergeval en vir Hom dankie gesê. Hy was ’n Samaritaan. Toe sê Jesus vir hom: “Julle is mos tien persone wat nou net gesond geword het. Nou waar’s die ander nege dan? Dit lyk My hulle glo nie God het hulle eens en vir altyd genees nie. Daarom dat hulle nie omgedraai en kom dankie sê het soos jy nie. Jy begryp baie beter as daardie nege Israeliete wie Ek is. Staan nou op en gaan in vrede. Jou geloof het gemaak dat jou saak met God nou in orde is.”
LUKAS 17:1-19 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Daar sal altyd iemand wees wat probeer om gelowiges te laat ophou glo. Maar dit sal sleg gaan met die mens wat gelowiges wil laat ophou glo. As hy iemand laat ophou glo, iemand wat nie sterk glo nie, dan sal dit baie sleg gaan met hom. Dit sal vir hom beter wees as hulle 'n baie groot klip om sy nek vasmaak en hom in die see gooi. Julle moet mekaar goed oppas. As 'n ander gelowige sonde doen, dan moet jy met hom praat, en as hy sê hy is jammer, dan moet jy hom vergewe. En as hy sewe maal op 'n dag sonde doen teen jou en sewe maal na jou toe kom en sê: ‘Ek is jammer,’ dan moet jy hom vergewe.” Die apostels het vir die Here gesê: “Help ons asseblief om sterker te glo.” Toe het die Here gesê: “As julle 'n bietjie geloof het, so klein soos 'n mosterd-saadjie, dan sal julle vir hierdie moerbeiboom kan sê: ‘Trek jouself uit die grond en plant jouself in die see.’ Dan sal die boom doen wat julle sê. As een van julle 'n slaaf het wat ploeg of skape oppas, en hy kom in die aand van die veld af by die huis, wat sal jy vir hom sê? Sal jy vir hom sê: ‘Kom eet jy eerste’? Nee, jy sal vir hom sê: ‘Maak vir my aand-ete en bedien my, soos 'n goeie slaaf dit moet doen, totdat ek klaar geëet en gedrink het. Daarna kan jy eet.’ Jy sê nie vir die slaaf dankie nie, want hy het gedoen wat hy móét doen.” Jesus sê toe vir sy dissipels: “Julle is ook soos slawe. Wanneer julle doen wat Ek vir julle gesê het om te doen, dan moet julle sê: ‘Ons het gedoen wat ons móét doen, ons dink nie dat die Here ons daarvoor moet beloon nie.’ ” Jesus was nog op pad na Jerusalem. Hy was op die grens tussen Samaria en Galilea. Toe Hy by 'n dorpie wou ingaan, kom daar tien melaatse mans na Hom toe. Hulle het gaan staan voordat hulle naby Hom was en hulle het hard geroep: “Jesus, Meneer, U moet asseblief jammer wees vir ons en U moet ons help.” Jesus het hulle gesien en Hy het vir hulle gesê: “Gaan wys julleself vir die priesters.” Toe hulle weggaan, het hulle gesond geword. God het hulle rein gemaak. Hulle het gesien hulle is gesond, maar net een van hulle het omgedraai en God geprys, so hard dat baie mense dit kon hoor. Hy het by die voete van Jesus gekniel met sy gesig teen die grond en hy het vir Jesus dankie gesê. Hy was 'n Samaritaan. Jesus was verbaas en Hy sê toe: “God het tien melaatse mans gesond gemaak. Waar is die ander nege? Het hulle nie ook dankbaar gevoel en teruggekom om God te prys nie? Hierdie man is nie 'n Jood nie, maar hy alleen het dankbaar gevoel.” Jesus het vir die Samaritaanse man gesê: “Staan op en gaan huis toe. Jy het geglo, en daarom het God jou gered.”
LUKAS 17:1-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom. Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel. Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe. Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof. En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees. En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel? Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink? Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie. So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen. EN op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan. En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het. En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig! En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword. En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik. En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan. Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie? En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.
LUKAS 17:1-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word. Wees dus self op julle hoede. “As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op 'n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.” Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam. “Sê nou een van julle het 'n slaaf wat ploeg of vee oppas. Sal hy vir die slaaf sê as hy van die veld af inkom: ‘Kom eet eers gou’? Natuurlik nie! Maar hy sal vir hom sê: ‘Maak vir my iets klaar vir aandete. Sit dan jou voorskoot aan en kom bedien my terwyl ek eet en drink. Daarna kan jy self eet en drink.’ 'n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe? So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.” Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. Net toe Hy 'n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op 'n afstand staan en roep hard: “Jesus, Here, ontferm U oor ons!” Toe Hy hulle sien, sê Hy: “Gaan wys julle vir die priesters.” Op pad daarheen het hulle gesond geword. En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was 'n Samaritaan. Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jood is nie?” En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.”
LUKAS 17:1-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar struikelblokke kom, maar wee die een deur wie dit kom. Dit is beter vir hom dat 'n maalklip om sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie geringes laat struikel. Wees dus op julle hoede. As jou broer sondig, wys hom tereg, en as hy berou het, vergewe hom. En as hy sewe maal op een dag teen jou sondig, en sewe maal na jou terugkom en sê, ‘Ek het berou’, moet jy hom vergewe.” Toe sê die •apostels vir die Here: “Gee ons meer geloof!” En die Here antwoord: “As julle geloof soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie wildevyeboom gesê het, ‘Trek jou wortels uit die grond en gaan plant jouself in die see,’ en hy sou na julle geluister het. “Wie van julle sal, as hy 'n slaaf het wat besig is om te ploeg of skape op te pas, vir hom sê, wanneer hy van die veld af kom, ‘Kom leun dadelik aan om te eet.’ Sal hy nie eerder vir hom sê, ‘Maak vir my iets gereed om te eet, omgord jou heupe en bedien my, totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink!’ nie? Hy bedank tog nie die slaaf net omdat hy sy opdragte uitgevoer het nie! Dieselfde geld vir julle: Wanneer julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan, ‘Ons is nikswerd slawe. Ons het net gedoen wat ons moes doen.’ ” Op 'n keer het Jesus op pad na Jerusalem deur die grensgebied tussen Samaria en Galilea gereis. Toe Hy 'n sekere dorpie binnegaan, het tien melaatse mans Hom tegemoet gekom. Hulle het op 'n afstand bly staan en uitgeroep: “Jesus, Meester, ontferm U tog oor ons!” Toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: “Gaan wys julleself vir die priesters.” Op pad daarheen is hulle gereinig. Een van hulle het, toe hy sien dat hy gesond geword het, omgedraai en God met 'n harde stem geloof. Hy het op sy gesig aan Jesus se voete neergeval en Hom gedank. Hy was 'n Samaritaan. Jesus antwoord hom toe: “Is daar dan nie tien gereinig nie? Waar is die ander nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te loof, behalwe hierdie vreemdeling nie?” Toe sê Hy vir die man: “Staan op en gaan! Jou geloof het jou gered.”
LUKAS 17:1-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Hy vir die dissipels: Dit is onmoontlik as dat daar aanstoot sal kom, maar wee hom deur wie hulle kom! Dit was beter vir hom dat 'n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel. Pas op vir julleself: As jou broer teen jou oortree, bestraf hom; en as hy hom bekeer, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou oortree en sewe maal op 'n dag na jou terugkeer en sê: Ek het berou; jy moet hom vergewe. En die apostels het vir die Here gesê: Verhoog ons geloof. En die Here het gesê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie wildevyeboom kon sê: Word met die wortel uitgeruk en in die see geplant; en dit moet jou gehoorsaam. Maar wie van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, sal by en by, as hy van die veld af kom, vir hom sê: Gaan sit om te eet? En sal nie liewer vir hom sê: Maak gereed waarmee ek kan maaltyd, en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna moet jy eet en drink? Dank hy daardie dienskneg omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek trow nie. So moet julle ook, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê: Ons is nuttelose diensknegte; ons het gedoen wat ons plig was om te doen. En terwyl hy na Jerusalem gegaan het, het hy deur Samaria en Galilea getrek. En toe hy in 'n sekere dorp kom, kom tien melaatses hom tegemoet, wat ver gestaan het. En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons genadig! En toe hy hulle sien, sê hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En terwyl hulle gegaan het, is hulle gereinig. En toe een van hulle sien dat hy genees is, het hy omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik, En hy het op sy aangesig by sy voete neergeval en Hom gedank; en hy was 'n Samaritaan. En Jesus antwoord en sê: Is daar nie tien gereinig nie? maar waar is die nege? Daar word nie gevind wat teruggekeer het om aan God eer te gee nie, behalwe hierdie vreemdeling. En hy sê vir hom: Staan op, gaan heen; jou geloof het jou gesond gemaak.
LUKAS 17:1-19 Die Boodskap (DB)
Toe sê Jesus vir sy volgelinge: “Dis nou maar eenmaal so dat daar allerhande sondes en versoekings in hierdie wêreld is. Maar Ek sê vir julle: daar wag groot probleme op almal wat hierdie sondes uitdink. Veral as hulle maak dat een van my klein kindertjies in die sonde val en die spoor byster raak. Sulke mense is dan beter daaraan toe in die middel van die see met ’n reuserots om die nek, want God gaan hulle verskriklik swaar straf. “Sorg dat jy elke dag op die regte pad bly. Wanneer dinge skeefloop tussen jou en ander gelowiges, gaan stel dit dadelik reg. Veral wanneer ’n ander gelowige ’n lelike ding aan jou doen. Gaan spreek hom daaroor aan. As hy jammer is daaroor, moet jy hom dadelik vergewe en daarvan vergeet. Ja, al doen hy sewe keer elke dag lelike dinge aan jou en hy kom sê sewe keer vir jou: ‘Ek is verskriklik jammer oor wat ek gedoen het. Vergewe my, asseblief,’ dan moet jy dit doen.” Toe sê Jesus se twaalf apostels vir Hom: “Here, dis so moeilik om al hierdie dinge te doen wat U sê. En ons geloof is so klein. Gee ons asseblief nog geloof.” “Julle sê julle wil meer geloof hê,” het Jesus dadelik gereageer. “Weet julle, julle hoef nie baie geloof te hê om groot dinge vir die Here te doen nie. ’n Klein bietjie is meer as genoeg. Gebruik dit net! Kyk, as julle geloof maar net so groot soos ’n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie vrugteboom gesê het: ‘Skuif! Gaan staan daar in die middel van die see.’ Dan sou die boom na julle geluister en see toe geskuif het.” “Wanneer julle iemand aanstel om in julle tuin te werk en om elke dag vir julle kos te maak, moet hy dit doen. As hy na ’n lang dag se werk in die tuin in die kombuis kom, sê julle mos nie vir hom nie: ‘Toemaar, jy hoef nie meer kos te maak nie. Kom sit gou hier op my plek aan die tafel. Omdat jy so moeg is, sal ek maar kos maak.’ “Nee, natuurlik nie. Julle sal eerder vir hom sê: ‘Toe, kry gou-gou die aandete gereed. Trek vir jou skoon klere aan en kom bedien ons. As ek en my gaste klaar geëet het, moet jy ook sorg dat alles opgeruim is. Daarna kan jy iets gaan eet.’ “Is dit nodig om daardie werker te smeek om elke dag in die tuin te werk of om die kos te maak? Moet julle heeltyd op julle knieë staan en hom soebat? Nee, natuurlik nie. “So gaan dit ook met julle wanneer julle My dien. Wanneer julle alles gedoen het wat Ek vir julle gesê het om te doen, hoef Ek mos nie ’n sertifikaat vir goeie diens aan julle te gee nie. Nee, julle is mos in my diens. Julle moet doen wat Ek sê. Al wat julle van julle kant af hoef te sê, is: ‘Ons is so gelukkig dat Jesus ons gekies het om sy dienaars te wees. Ons verdien dit nie. Daarom is dit ons plig om alles te doen wat Hy sê.’” Op pad Jerusalem toe het Jesus deur Samaria en Galilea gereis. In een van die dorpe het tien melaatses op Hom afgekom. Hulle het ’n lelike velsiekte gehad wat veroorsaak het dat hulle nie tussen ander mense kon bly nie. Hulle het ’n hele ent van Jesus af gaan staan omdat hulle nie toegelaat is om naby gesonde mense te kom nie. Hulle roep toe hard uit: “Jesus, groot Leermeester, kry ons asseblief tog jammer!” Jesus sê toe vir hulle: “Gaan dadelik na die priester toe. Laat hy vir julle ’n sertifikaat gee as bewys dat julle gesond is.” Op pad soontoe het hulle melaatsheid verdwyn. Hulle vel was skielik weer normaal. Een van die mans was so bly daaroor dat hy dadelik omgedraai het. Hy het hardop begin bid en God se Naam grootgemaak. Die man het tot by Jesus gehardloop, voor Hom in die stof neergeval en vir Hom dankie gesê. Hy was ’n Samaritaan. Toe sê Jesus vir hom: “Julle is mos tien persone wat nou net gesond geword het. Nou waar’s die ander nege dan? Dit lyk My hulle glo nie God het hulle eens en vir altyd genees nie. Daarom dat hulle nie omgedraai en kom dankie sê het soos jy nie. Jy begryp baie beter as daardie nege Israeliete wie Ek is. Staan nou op en gaan in vrede. Jou geloof het gemaak dat jou saak met God nou in orde is.”
LUKAS 17:1-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het aan sy dissipels gesê: “Dit is onmoontlik dat dinge wat mense laat struikel, nie oor julle pad kom nie. Groot ellende wag egter op hulle deur wie dit veroorsaak word. Dit is voordeliger vir sulke persone as ’n maalklip om hulle nek vasgemaak en hulle in die see gegooi word, as dat hulle vir een van hierdie geringes ’n struikelblok sou wees. “Gee ag op julleself. As jou broer aanhou sonde doen, wys hom tereg, en as hy tot inkeer kom, vergewe hom. Ook as hy sewe keer op ’n dag teenoor jou oortree, maar ook sewe keer na jou toe kom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.” Die apostels het toe vir die Here gesê: “Help ons. Ons het meer geloof nodig.” Die Here het gereageer: “Al sou julle maar net ’n geloof só klein soos ’n mosterdsaadjie gehad het, sou julle aan hierdie moerbeiboom gesê het: ‘Ontwortel jouself en gaan verplant jou in die see’ – hy sou julle gehoorsaam! “As een van julle ’n slaaf het wat besig is om te ploeg of om diere te versorg, sal hy aan hom, wanneer hy van die land af kom, sê: ‘Kom eet gou saam’? Nooit nie! Hy sal aan hom sê: ‘Maak iets gaar vir aandete. Bind jou klere vas en bedien my terwyl ek eet en drink. Eers daarna gaan jy self eet en drink.’ ’n Slaaf wat sy opdragte uitgevoer het, ontvang mos nie dank nie! “Net só is dit ook die geval met julle: As julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: ‘Ons is net nikswerd slawe. Ons het bloot uitgevoer wat ons moes doen.’” Dit het gebeur terwyl Jesus deur die grensgebied tussen Samaria en Galilea op reis was na Jerusalem toe. Toe Hy aan die buitewyke van ’n sekere dorpie kom, het tien mans met ernstige velsiektes Hom tegemoetgekom, maar op ’n afstand bly staan. Hulle het hard na Hom geroep: “Jesus, Meneer, ontferm u tog oor ons!” Toe Hy hulle sien, sê Hy aan hulle: “Gaan wys julleself aan die priesters.” Terwyl hulle soontoe op pad was, het hulle gesond geword. Een uit die groep, toe hy sien dat hy gesond geword het, het omgedraai en met ’n harde stem vir God geloof. Hy het op sy gesig aan Jesus se voete neergeval en Hom gedank. Hierdie persoon was ’n Samaritaan. Toe merk Jesus op: “Was daar dan nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God te loof behalwe hierdie vreemdeling nie?” Aan hierdie man het Hy gesê: “Staan op, gaan. Jou geloof het jou gered.”