LUKAS 15:31-32
LUKAS 15:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.
LUKAS 15:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Toe sê die pa vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.’ ”
LUKAS 15:31-32 Bybel vir almal (ABA)
Die pa sê toe vir die oudste seun: ‘My kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is joune. Ons móét vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en hy lewe weer, hy was weg en ons het hom weer gekry.’ ”
LUKAS 15:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.
LUKAS 15:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Toe sê die pa vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.’ ”
LUKAS 15:31-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê hy vir hom, ‘My kind, jy is altyd by my, en alles wat myne is, is joune. Ons moet feesvier en bly wees, want jou broer was dood, en hy het lewendig geword. Hy was verlore, en is weer gevind!’ ”
LUKAS 15:31-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hom: Seun, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is joune. Dit was gepas dat ons vrolik en bly sou wees, want hierdie jou broer was dood en het weer lewendig geword; en was verlore, en is gevind.
LUKAS 15:31-32 Die Boodskap (DB)
“Toe antwoord die pa: ‘My kind, wat praat jy alles? Jy is dan my eie vlees en bloed. Alles wat ek het, is joune. Maar vandag vier ons fees oor jou broer, want hy was dood en nou lewe hy weer. Jou broer was weg, maar nou is hy terug in ons huis waar hy hoort.’”
LUKAS 15:31-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Sy pa het vir hom gesê: ‘Kyk, Seun, ek en jy is nog altyd hier bymekaar en alles wat ek het, is tog joune. Ons moet hierdie gelukkige dag vier. Want jou broer was dood en het teruggekom na die lewe! Hy was verlore, maar nou is hy gevind!’”