LEVITIKUS 24:5-9
LEVITIKUS 24:5-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Jy moet gesifte meel vat en daarmee twaalf ringbrode bak. Elke ringbrood moet twee tiendes van 'n efa meel bevat. Sit dit in twee rye, ses in 'n ry, op die rein tafel voor die HERE neer. Sit by elke ry suiwer wierook; dit sal, as simboliese offer van die brood, 'n offergawe aan die HERE wees. Gereeld, Sabbatdag ná Sabbatdag, moet Aäron dit namens die Israeliete voor die HERE regsit as 'n ewige verbond. Dit kom Aäron en sy seuns toe. Hulle moet dit op 'n heilige plek eet, want dit is 'n besonder heilige deel wat hy altyd moet kry uit die offergawes aan die HERE.”
LEVITIKUS 24:5-9 Die Boodskap (DB)
Hy moet ook twaalf brode bak. Elkeen moet gebak word van drie kilogram fynmeel. Hy moet die brood op die goue tafel voor die Here in twee stapels pak wat elkeen ses brode het. By elke stapel brood moet hy suiwer wierook neersit. Die wierook word vir die Here geoffer in die plek van die brood self. Elke sewende dag moet die dienaars weer nuwe brood daar gaan neersit. Dit moet gereeld gedoen word. Aäron en sy seuns mag dan die ou brood wegvat en gaan eet op ’n plek wat daarvoor eenkant gesit is. Die brood word net vir die Here se werk gebruik en vir niks anders nie. Aäron mag dit vat uit die offers wat vir die Here gebring word. Dit is ’n reël wat vasstaan.”
LEVITIKUS 24:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Julle moet twaalf brode met meel bak. Gebruik drie kilogram meel vir elke brood. Pak die brood op die goue tafel in die teenwoordigheid van die HERE in twee rye, ses brode in elke ry. Sprinkel suiwer wierook in elke ry. “Dit sal dien as ’n gedenkoffer wat in die plek van die brood gebrand moet word as ’n vuuroffer wat vir die HERE gegee word. “Elke Sabbatdag moet hierdie brood in die teenwoordigheid van die HERE vervang word ter wille van die Israeliete as ’n voortdurende verbond. “Die brode wat vervang word, behoort aan Aäron en sy manlike nakomelinge. Hulle moet dit op ’n heilige plek eet, want dit verteenwoordig ’n besonder heilige gawe wat as vuuroffer vir die HERE gegee word.”
LEVITIKUS 24:5-9 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet van die beste meel neem en jy moet twaalf ringbrode bak. Jy moet twee tiendes van 'n efa meel gebruik vir elke ringbrood. Dan moet jy die brood in twee rye neersit op die goue tafel voor die Here, in elke ry moet daar ses brode wees. Jy moet skoon wierook by elke ry sit. Die wierook is 'n vuur-offer vir die Here, dit is in die brood se plek. Die priesters moet elke Sabbatdag nuwe brood neersit voor die Here. Die Israeliete moet dit altyd doen. Aäron en sy seuns mag die brood kry wat op die tafel was. Hulle moet dit op 'n gewyde plek eet. Die brood is hoog-gewyd. Die priesters moet altyd daardie brood kry uit die offers vir die Here. Dit moet altyd so wees.”
LEVITIKUS 24:5-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee-tiendes van 'n efa moet elke koek wees; en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in 'n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE. En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE. Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die HERE regsit, van die kant van die kinders van Israel as 'n ewige insetting. En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in 'n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van die HERE — 'n ewige insetting.
LEVITIKUS 24:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy moet koringmeel vat en twaalf ringbrode daarvan bak. Elke brood moet van drie kilogram meel gebak word. Pak dit in twee stapels van ses elk op die goue tafel voor die Here. Sit dan op elke stapel 'n bakkie suiwer wierook. Die wierook is 'n offer van die Here in die plek van die brood. Die brood moet gereeld op elke sabbat daar voor die Here vervang word. Dit is 'n verpligting wat vir altyd op die Israeliete rus. Die brood kom Aäron en sy seuns toe. Hulle moet dit op 'n gewyde plek eet, want dit is 'n besondere gewyde gawe. Dit is 'n deel wat hulle altyd moet kry uit die offers wat aan die Here gebring word.”
LEVITIKUS 24:5-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet fyn meel neem en twaalf koeke daarvan bak; twee tiendes moet in een koek wees. En jy moet hulle in twee rye, ses op 'n ry, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE neersit. En jy moet suiwer wierook op elke ry sit, dat dit op die brood kan wees as 'n gedagtenis, 'n vuuroffer aan die HERE. Elke sabbat moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die HERE orden, deur 'n ewige verbond van die kinders van Israel weggeneem. En dit moet aan Aäron en sy seuns behoort; en hulle moet dit in die heiligdom eet, want dit is vir hom hoogheilig van die vuuroffers van die HERE volgens 'n ewige insetting.