Hy moet ook twaalf brode bak. Elkeen moet gebak word van drie kilogram fynmeel. Hy moet die brood op die goue tafel voor die Here in twee stapels pak wat elkeen ses brode het. By elke stapel brood moet hy suiwer wierook neersit. Die wierook word vir die Here geoffer in die plek van die brood self. Elke sewende dag moet die dienaars weer nuwe brood daar gaan neersit. Dit moet gereeld gedoen word. Aäron en sy seuns mag dan die ou brood wegvat en gaan eet op ’n plek wat daarvoor eenkant gesit is. Die brood word net vir die Here se werk gebruik en vir niks anders nie. Aäron mag dit vat uit die offers wat vir die Here gebring word. Dit is ’n reël wat vasstaan.”
Lees Levitikus 24
Deel
Vergelyk alle weergawes: Levitikus 24:5-9
7 dae
Ons vind twee dinge in die voorhof waarop ons aandag gevestig word, naamlik die koperaltaar en die koperwaskom. Altesame was daar sewe items of stukke huisraad rakende die tabernakel. Twee in die voorhof, drie in die Heiligdom en twee in die Allerheiligste. Ons kyk na al sewe items in hierdie plan.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's