LEVITIKUS 11:4-9
LEVITIKUS 11:4-9 Bybel vir almal (ABA)
Daar is ook diere wat herkou maar wat nie gesplete hoewe het nie. Julle mag hulle nie eet nie, hulle is onrein vir julle. Dit is kamele, dassies en hase. Varke het gesplete hoewe, maar hulle herkou nie. Hulle is onrein vir julle. Julle mag nie hierdie diere se vleis eet nie en julle mag nie aan hulle dooie liggame raak nie, hulle is onrein vir julle. “Julle mag eet van die diere in die water, in die see en in die riviere as die diere vinne en skubbe het.
LEVITIKUS 11:4-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle; en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle; en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle; ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie — onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie — onrein is hulle vir julle. Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere — dit mag julle eet.
LEVITIKUS 11:4-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar dié wat net herkou of net gesplete kloue het, mag julle nie eet nie. Dit geld vir die kameel, want, alhoewel die dier herkou, het hy nie gesplete kloue nie. Julle moet hom dus as onrein beskou. Dit geld ook vir die dassie en vir die haas. 'n Vark het weer volledig gesplete kloue, maar hy herkou nie. Hy is vir julle dus 'n onrein dier. Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie: hulle is vir julle onrein. “In die geval van waterdiere mag julle alles eet wat vinne en skubbe het. Dit geld vir soutwaterdiere en varswaterdiere.
LEVITIKUS 11:4-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Die volgende diere wat herkou of wat gesplete hoewe het, mag julle egter nie eet nie: “ ‘Kamele, want hulle herkou maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle •onrein; “ ‘Dassies, want hulle herkou maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle onrein; “ ‘Hase, want hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle onrein; “ ‘ Varke, want hulle het volledig gesplete hoewe, maar hulle herkou nie – hulle is beslis vir julle onrein. “ ‘Van hulle vleis mag julle glad nie eet nie en aan hulle karkasse mag julle nie raak nie. Hulle is beslis vir julle onrein. “ ‘ Van alles wat in water is, mag julle die volgende eet: “ ‘Alles met vinne en skubbe wat in die oseane of in waterstrome leef, dít mag julle eet.
LEVITIKUS 11:4-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar dit mag julle nie eet van die wat herkou of van die wat kloue verdeel nie: soos 'n kameel, omdat hy herkou, maar die kloue nie verdeel nie; hy is vir julle onrein. En die kegel, omdat hy herkou, maar die kloue nie verdeel nie; hy is vir julle onrein. En die haas, omdat hy herkou, maar die kloue nie verdeel nie; hy is vir julle onrein. En die varke, al het hy die kloue verdeel en gesplete, nog herkou hy nie; hy is vir jou onrein. Van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas mag julle nie aanraak nie; hulle is vir jou onrein. Dit moet julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die waters, in die see en in die riviere, dit moet julle eet.
LEVITIKUS 11:4-9 Die Boodskap (DB)
Julle mag nie diere eet wat net herkou of net gesplete hoewe het nie. So mag julle nie ’n kameel se vleis eet nie, want hy herkou wel, maar hy het nie gesplete hoewe nie. Julle mag ook nie die vleis van ’n dassie of ’n haas eet nie, omdat hulle herkouers is, maar nie gesplete hoewe het nie. ’n Vark het weer opsigtelik gesplete hoewe, maar hy herkou nie. Daarom mag julle nie sy vleis eet nie. Julle mag nie hierdie diere se vleis eet of met hulle karkasse werk nie. Hulle is vir My onaanvaarbaar. “Van al die diere wat in die water leef, in die see en in die riviere, mag julle net dié eet wat vinne en skubbe het.
LEVITIKUS 11:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Van die volgende diere wat hier genoem word, mag julle nie eet nie omdat hulle óf gesplete hoewe het óf herkou, maar nie albei nie. Die kameel mag nie geëet word nie, want al herkou die dier, het hy nie gesplete hoewe nie. Dit geld ook van die dassie en die haas. Hulle mag nooit geëet word nie. ’n Vark mag ook nie geëet word nie, want al het dit gesplete hoewe, herkou ’n vark nie. Julle mag nie van die vleis van hierdie diere eet of aan hulle karkasse raak nie. Hulle is onrein vir julle. “Wat die seediere betref, mag julle alles eet wat vinne en skubbe het, of dit nou in vars water of in sout water voorkom.