Levitikus 11:4-9

Levitikus 11:4-9 AFR20

“ ‘ Die volgende diere wat herkou of wat gesplete hoewe het, mag julle egter nie eet nie: “ ‘Kamele, want hulle herkou maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle •onrein; “ ‘Dassies, want hulle herkou maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle onrein; “ ‘Hase, want hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle onrein; “ ‘ Varke, want hulle het volledig gesplete hoewe, maar hulle herkou nie – hulle is beslis vir julle onrein. “ ‘Van hulle vleis mag julle glad nie eet nie en aan hulle karkasse mag julle nie raak nie. Hulle is beslis vir julle onrein. “ ‘ Van alles wat in water is, mag julle die volgende eet: “ ‘Alles met vinne en skubbe wat in die oseane of in waterstrome leef, dít mag julle eet.