JOSUA 4:23-24
JOSUA 4:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE julle God het die water van die Jordaan voor julle laat wegdroog sodat julle daar deur kon gaan, net soos die Here destyds die Rietsee voor ons laat wegdroog het sodat ons daar deur kon trek.’ Hy het dit gedoen sodat al die volke van die aarde kon erken dat die HERE groot mag het, en dat julle solank julle lewe die HERE julle God moet vereer.”
JOSUA 4:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het die water van die Jordaan-rivier laat ophou vloei, sodat julle kon oorgaan. Julle God die Here het dit ook gedoen by die Riet-see. Hy het die see laat ophou vloei sodat ons kon deurgaan. Die Here het dit gedoen sodat al die volke van die aarde moet weet dat die Here sterk is en sodat julle self julle God die Here altyd sal respekteer en dien.”
JOSUA 4:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deurdat die HERE julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het; dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees.
JOSUA 4:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here julle God het die Jordaan se water voor julle laat opdroog sodat julle kon deurgaan, net soos Hy met die Rietsee gemaak het toe Hy dit voor ons laat opdroog het sodat ons kon deurgaan. Hy het dit gedoen sodat al die volke van die aarde kan besef dat die mag van die Here groot is, en sodat julle die Here julle God altyd sal dien.
JOSUA 4:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die HERE julle God het die water van die Jordaan voor julle laat opdroog, totdat julle deurgetrek het, soos wat die HERE julle God gedoen het met die Rietsee wat Hy voor ons laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het, sodat al die volke van die aarde mag weet dat die hand van die HERE sterk is, en sodat julle altyd vir die HERE julle God ontsag sal hê.”
JOSUA 4:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die HERE julle God het die waters van die Jordaan voor julle uit laat opdroog totdat julle deurgetrek het, soos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit opgedroog het totdat ons deurgetrek het. Sodat al die volke van die aarde die hand van die HERE kan ken, dat dit magtig is, sodat julle die HERE julle God vir ewig kan vrees.
JOSUA 4:23-24 Die Boodskap (DB)
Die Here julle God het die Jordaan se water voor julle laat opdroog sodat julle kon deurstap sonder dat julle voete nat word. Dit is presies soos Hy vroeër met die Rietsee gemaak het toe Hy dit voor ons laat opdroog het sodat ons kon deurgaan. Die Here het hierdie wonderwerk gedoen sodat al die volke van die aarde kan weet hoe magtig Hy is, en sodat julle die Here julle God altyd sal dien en eer.”
JOSUA 4:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE julle God het die water van die Jordaan voor julle laat wegdroog sodat julle daar deur kon gaan, net soos die Here destyds die Rietsee voor ons laat wegdroog het sodat ons daar deur kon trek.’ Hy het dit gedoen sodat al die volke van die aarde kon erken dat die HERE groot mag het, en dat julle solank julle lewe die HERE julle God moet vereer.”