JOB 40:6-24
JOB 40:6-24 Bybel vir almal (ABA)
Wys hoe kwaad jy is, kyk na elke mens wat hoogmoedig is, en verneder hom. Kyk na elke mens wat hoogmoedig is, en verneder hom, trap die mens wat verkeerd doen, plat, trap hom daar waar hy staan. Begrawe hulle in die grond, sluit hulle toe in die doderyk. As jy dit kan doen, dan sal Ek jou prys, want dan het jy gewen.” “Maar kyk ook na die seekoei. Toe Ek jou gemaak het, het Ek ook die seekoei gemaak. Hy vreet gras soos 'n bees. Hy is 'n sterk dier, sy liggaam is vol spiere. Hy hou sy stert so reguit soos 'n sederboom, en hy het sterk spiere in sy bene. Die bene in sy lyf is so sterk soos waterpype van brons, so sterk soos stukke yster. Hy is die belangrikste dier, God het hom gemaak, en net God kan hom oorwin. Hy kry sy kos in die berge waar al die wilde diere speel. Hy lê onder die waterplante, hy kruip weg tussen die riete in die vlei. Die waterplante maak hom toe, hulle skaduwee beskerm hom, en rondom staan die populierbome wat in die valleie groei. Wanneer die rivier vol word, dan skrik hy nie, hy staan stil as die Jordaan-rivier se water teen sy bek vloei. Niemand kan sy oë toedruk en hom aan sy neus vang nie.” God het vir Job gesê: “Kan jy 'n krokodil uit die water trek met 'n hoek, en kan jy sy bek toebind met 'n tou? Kan jy 'n tou van biesies deur sy neus steek en kan jy 'n hoek vasmaak aan sy kakebeen? Sal hy aanhou om mooi te vra dat jy hom moet los, sal hy aanhou soebat? Sal hy 'n ooreenkoms maak met jou sodat hy altyd jou slaaf sal wees? Kan jy met hom speel soos met 'n voëltjie? Kan jy hom vasbind en hom wys vir jou slavinne?
JOB 40:6-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit. Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan. Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg. Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee. Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees. Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik. Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg. Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster. Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf. Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar. Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras. Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom. As die rivier swel — hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond. Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor? Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk? Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor? Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde? Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem? Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?
JOB 40:6-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat brand dan jou gloeiende toorn, sien elke trotsaard raak en sit hom op sy plek, sien elke trotsaard raak en verneder hom, trap die goddeloses plat. Begrawe hulle almal, lê hulle weg in die graf. Dan sal Ek teenoor jou erken dat jy jou deur jou eie mag kan red. “Kyk die seekoei: Ek het hom gemaak toe Ek jou gemaak het, hy vreet gras soos 'n bees. Daar is krag in sy liggaam, die spiere in sy lyf is sterk. Sy stert is so reguit soos 'n seder. Sy boudspiere is inmekaar gevleg. Die bene in sy lyf is soos bronspype, soos stukke yster. Onder alles wat Ek gemaak het, staan hy eerste, net sy Maker kan hom verslaan. Die berge lewer vir hom die water en al die wilde diere speel daar. Hy lê tussen waterplante, hy skuil tussen die riete in die moeras. Die skaduwee van die waterplante is sy skuiling, rondom hom is rivierpopuliere. As die rivier sterk word, skrik dit hom nie af nie, hy bly rustig al styg die Jordaan hoe hoog. Wie kan hom van voor af pak, wie kan 'n vangtou aan sy neus sit? “Kan jy 'n krokodil met 'n hoek vang of hom 'n tou in die bek sit? Kan jy 'n lyn deur sy neus steek of sy kakebene met 'n hoek vastrek? Sal hy jou soebat om genade of by jou mooipraat? Sal hy 'n ooreenkoms met jou aangaan om vir altyd jou slaaf te wees? Sal jy hom kan mak maak soos 'n voëltjie of kan jy hom met 'n lyn vasmaak vir jou dogtertjies?
JOB 40:6-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat jou woedebuie oral uitbars; sien elkeen raak wat verwaand is en verneder hom. Sien elkeen raak wat verwaand is en dwing hom op sy knieë. Vertrap goddeloses net daar waar hulle is. Verberg hulle saam in die stof. Hou hulle gevange in die verborgene. Selfs Ek sal jou dan prys, omdat jou regterhand jou te hulp gekom het. “Kyk na Behemoot, wat Ek gemaak het, soos Ek jou ook gemaak het. Hy eet gras soos 'n bees. Kyk na die krag in sy kruis. En sy manlike krag, dit is in die spiere van sy buik. Hy maak sy stert styf soos 'n seder, die senings van sy dye is ineengevleg. Sy gebeente is bronspype, sy bene soos ysterstawe. Hy is die voortreflikste van God se werke; Hy wat hom gemaak het, het sy swaarde verskaf. Ja, die opbrengs van die berge word na hom aangedra, daar waar al die diere van die veld baljaar. Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras. Lotusbome bedek hom met skaduwee; rivierwilgers omring hom. Kyk, die rivier kan maar afkom, hy gee nie haastig pad nie; hy bly rustig, al stu die Jordaan teen sy bek. Sal iemand hom aan sy oë beetpak, met stokke sy neus deurboor? “Kan jy 'n leviatan aan 'n hoek intrek, met 'n tou sy tong onder bedwang bring? Kan jy 'n biesie deur sy neus sit, met 'n doring sy wang deurboor? Sal hy baie smeekbedes tot jou rig, of saggies met jou praat? Sal hy 'n ooreenkoms met jou sluit, dat jy hom as lewenslange slaaf neem? Kan jy met hom speel soos met 'n voël, hom vasbind vir jou dogters?
JOB 40:6-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die HERE Job uit die stormwind geantwoord en gesê: Gord nou jou lendene om soos 'n man; ek sal van jou eis en jou aan my verkondig. Sal jy ook my oordeel vernietig? wil jy my veroordeel, dat jy regverdig kan wees? Het jy 'n arm soos God? of kan jy donder met 'n stem soos hy? Versier jou nou met majesteit en voortreflikheid; en bekleed jou met heerlikheid en skoonheid. Werp die woede van u toorn weg, en kyk elkeen wat trots is, en verneder hom. Kyk na elke hoogmoedige en verneder hom; en vertrap die goddelose in hulle plek. Steek hulle saam in die stof weg; en bind hulle aangesig in die geheim. Dan sal ek ook aan jou bely dat jou eie regterhand jou kan red. Kyk nou 'n behemoth wat Ek saam met jou gemaak het; hy eet gras soos 'n bees. Kyk nou, sy krag is in sy lendene, en sy krag is in die naeltjie van sy buik. Hy beweeg sy stert soos 'n seder; die senings van sy klippe is saamgewikkel. Sy bene is soos sterk stukke koper; sy gebeente is soos ysterstawe. Hy is die hoof van die weë van God: Hy wat hom gemaak het, kan sy swaard na hom laat nader kom. Waarlik, die berge bring vir hom kos voort, waar al die diere van die veld speel. Hy lê onder die skaduryke bome, in die skuilplek van die riet, en in die weivelde. Die skadubome bedek hom met hulle skaduwee; die wilgers van die spruit omring hom. Kyk, hy drink 'n rivier op en haas hom nie; hy vertrou dat hy die Jordaan in sy mond kan optrek. Hy neem dit met sy oë, sy neus dring deur strikke.
JOB 40:6-24 Die Boodskap (DB)
Raak van al die woede in jou ontslae. As jy iemand sien wat hoogmoedig is, bring hom af aarde toe. Jy moet die hoogmoedige mense wat jy sien, verneder. En mense wat verkeerde dinge doen, vernietig hulle daar en dan. Begrawe hulle almal in die grond en bind hulle vas in die graf. As jy dit kan doen, sal Ek erken dat jy die krag het om jouself te kan red.” Die Here het verder gesê: “Kyk na die seekoei: Ek het die seekoei gemaak net soos Ek jou ook gemaak het. Hy eet gras soos ’n bees. Hy het baie krag in sy lyf en sy maagspiere is baie sterk. Sy stert is so reguit soos ’n sederboom en sy boudspiere is styf saamgevleg. Sy bene is so hard soos koperpype en sy ledemate soos ysterstawe. Dit is die beste voorbeeld van God se ongelooflike handewerk. Hy staan bo almal uit. Net God wat hom gemaak het, kan hom baasraak en verslaan. Die beste plek vir hom om sy kos te kry, is in die berge. Hy wei daar waar die ander diere van die veld speel. Hy lê graag onder die waterplante, weggesteek tussen die riete in die moeras. Die skaduwee van die waterplante en die wilgerbome om hom steek hom weg waar hy in die water van die rivier lê. Hy skrik nie vir water wat in vloed is nie. Selfs al kom die Jordaan af en styg tot teen sy mond, bly hy rustig. Wie sien kans om hom reg van voor aan te pak? Niemand is dapper genoeg om ’n ring in sy neus te sit en hom weg te lei nie.” Die Here het verder vir Job gevra: “Job, sal jy ’n draak met ’n hoek of met ’n tou om sy bek kan vang? Kan jy ’n tou deur sy snoet sit of ’n haak deur sy kakebeen steek? Sal hy jou soebat om sag met hom te werk of jou mooi vra om hom uit te los? Sal hy ’n ooreenkoms met jou maak om vir altyd vir jou te werk? Kan jy hom mak maak soos ’n voëltjie om ’n troeteldier vir jou te wees? Sal jy hom aan ’n leiband sit vir jou dogters?
JOB 40:6-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gee uiting aan jou woede sodat dit oorkook oor die hoogmoediges en hulle verneder. Vernietig slegte mense met een blik. Loop oor die goddeloses. Begrawe almal in die stof. Sluit hulle toe in die graf. Selfs Ek sal jou dan prys, want jy sal jou deur jou eie krag kan red. “Kyk na die seekoei. Ek het hom gemaak net soos Ek jou gemaak het. Hy vreet gras soos ’n bees. Hy het ’n kragtige liggaam met sterk spiere. Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaargevleg. Sy bene is soos bronspype. Sy ledemate so sterk soos yster. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van God se handewerk. Net sy Maker kan hom in toom hou. Die berge lewer vir hom voedsel, en al die wilde diere speel daar. Hy lê onder waterplante. Hy skuil tussen die riete in die moeras. Hy skuil in die skadu van die waterplante tussen die wilgers langs die rivier. As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie. Hy is rustig selfs as die Jordaan rondom hom bruis. Niemand kan hom van voor af pak en ’n ring in sy neus sit nie.” HERE “Kan jy ’n krokodil met ’n hoek vang? Kan jy ’n tou bind om sy bek? Kan jy ’n lyn steek deur sy neus of sy kake met ’n haak deurboor? Sal hy by jou pleit om genade, of soebat om vir hom jammer te wees? Sal hy instem om vir jou te werk? Kan jy van hom ’n slaaf maak vir die res van sy lewe? Sal jy hom mak maak soos ’n voëltjie, of vir hom ’n leiband aansit as ’n speelding vir jou dogters?