JOB 19:25-26
JOB 19:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet een ding is seker: My Losser lewe en Hy sal wen op hierdie aarde. Ek het nie meer vel oor my liggaam nie, maar ek sal vir God sien terwyl ek nog lewe.
JOB 19:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou
JOB 19:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! Selfs nadat hierdie siekte my vel weggevreet het, sal ek nog lewe en God sien.
JOB 19:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ek, ek weet: My Losser leef! Uiteindelik sal Hy op aarde opstaan. Nadat hulle my vel so afgeskeur het, sal ek, 'n mens van vlees en bloed, God sien
JOB 19:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek weet dat my Verlosser leef, en dat hy aan die einde van die dae op die aarde sal staan. En al het wurms ná my vel hierdie liggaam vernietig, tog in my vlees sal ek God sien.
JOB 19:25-26 Die Boodskap (DB)
Job het gesê: “Ek weet dat Hy wat my kan verlos, lewe. Uiteindelik sal Hy op die aarde kom staan. Selfs al is my liggaam besig om agteruit te gaan, weet ek dat ek eendag die Here sal sien.