JOHANNES 5:20-21
JOHANNES 5:20-21 Die Boodskap (DB)
Die Vader het die Seun lief. Daarom hou Hy niks vir Hom geheim nie, maar wys Hom alles wat Hy doen. Julle dink die lam man wat Ek gesond gemaak het, was iets besonders. Julle het eintlik nog niks gesien nie. Die Vader sal die Seun wys hoe om groter dinge as dit te doen. Julle sal julle oë nie kan glo nie. Soos die Vader dooie mense weer lewendig maak, so sal die Seun dit ook doen waar en wanneer Hy wil. En dit is nie al nie.
JOHANNES 5:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Die Vader is lief vir die Seun en die Vader wys vir die Seun alles wat die Vader self doen. Die Vader sal vir die Seun dinge wys wat wonderliker is as om 'n siek man gesond te maak. Wanneer die Seun hierdie wonderlike dinge doen, dan sal julle verbaas wees. “Die Vader laat mense opstaan wat gesterf het, Hy laat hulle weer lewe. Die Seun doen dieselfde, Hy laat ook mense weer lewe, die mense wat Hy wil laat lewe.
JOHANNES 5:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees. Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
JOHANNES 5:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil.
JOHANNES 5:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Vader het immers die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen; en Hy sal Hom groter dade as dit wys, sodat julle verwonderd sal staan. Want soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil.
JOHANNES 5:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die Vader het die Seun lief en maak Hom alles bekend wat Hy doen; en Hy sal Hom groter werke as hierdie toon, sodat julle julle kan verwonder. Want soos die Vader die dooies opwek en hulle lewend maak; so maak die Seun lewend wie Hy wil.