JOHANNES 21:15-18
JOHANNES 21:15-18 Die Boodskap (DB)
Na ete vra Jesus vir Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My liewer as wat hierdie ander My het?” “Ja, Here,” kom dit van Petrus. “U weet hoe toegewy en lojaal ek teenoor U is.” “Kyk dan asseblief na my lammers,” vra Jesus toe. ’n Tweede keer vra Jesus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” “Ja, Here. U weet mos hoe lief ek U het,” sê Petrus weer. “Pas dan asseblief my skape soos ’n herder op,” vra Jesus. ’n Derde keer vra Jesus hom: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief? Kan Ek heeltemal op jou lojaliteit staatmaak?” Petrus het hartseer geword omdat Jesus so aanhou. “Here,” sê hy toe, “U hoef nie eens te vra nie, want U weet alles; ook wat in my hart aangaan. U weet mos hoe lief ek vir U is.” “Sorg dan vir my skape,” sê Jesus. “Ek wil vir jou iets belangriks sê. Toe jy jonk was, het jy self aangetrek en jy kon stap waar jy wou. Maar as die ouderdom jou inhaal, sal jy dit nie eens meer kan doen nie. Jy sal maar net jou hande vraend kan uitsteek. Ander sal dan kom en jou aantrek en jou dra waar jy nie wil wees nie.”
JOHANNES 21:15-18 Bybel vir almal (ABA)
Toe die dissipels klaar oggend-ete geëet het, sê Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My, meer as die ander dissipels?” Petrus het gesê: “Ja, Here, U weet ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy my skape laat wei, jy moet sorg vir my mense.” Jesus het die tweede maal vir Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My?” Petrus sê vir Hom: “Ja, Here, U weet ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy 'n herder wees vir my mense.” Jesus het die derde maal vir Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My?” Petrus het baie hartseer geword omdat Jesus die derde maal vir hom gevra het of hy lief is vir Hom. Hy sê toe vir Jesus: “Here, U weet alles! U weet Ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy sorg vir my mense. Petrus, Ek sê vir jou, en dit is seker: Toe jy jonk was, het jy self jou klere vasgemaak en jy het gegaan waar jy wil. Maar jy sal oud word en jy sal jou hande uitsteek en iemand anders sal jou klere vasmaak en hy sal jou wegneem na 'n plek waar jy nie wil wees nie.”
JOHANNES 21:15-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei. Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op. Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en 'n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie.
JOHANNES 21:15-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.” Jesus vra hom weer 'n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.” Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei. Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.”
JOHANNES 21:15-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle klaar was met ontbyt, vra Jesus vir Simon •Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Laat my lammers wei.” Hy vra hom weer 'n tweede keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Pas my skape op.” Hy vra hom die derde keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Hy hom die derde keer gevra het, “Het jy My lief?” en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Jesus sê vir hom: “Laat my skape wei. Amen, amen, Ek sê vir jou: Toe jy jonger was, het jy self jou gordel vasgemaak en gegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud word, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou gordel vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie. ”
JOHANNES 21:15-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe hulle dan geëet het, sê Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My meer lief as hulle? Hy sê vir hom: Ja, Here! jy weet dat ek jou liefhet. Hy sê vir hom: Wei my lammers. Hy sê weer vir hom vir die tweede keer: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Hy sê vir hom: Ja, Here! jy weet dat ek jou liefhet. Hy sê vir hom: Laat my skape wei. Hy sê vir die derde keer vir hom: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus was bedroef omdat hy die derde keer vir hom gesê het: Het jy My lief? En hy sê vir hom: Here, U weet alles; jy weet dat ek jou liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonk was, het jy jouself omgord en gewandel waar jy wou; maar as jy oud word, sal jy jou hande uitsteek, en 'n ander sal jou omgord en jou dra waar jy wil.
JOHANNES 21:15-18 Die Boodskap (DB)
Na ete vra Jesus vir Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My liewer as wat hierdie ander My het?” “Ja, Here,” kom dit van Petrus. “U weet hoe toegewy en lojaal ek teenoor U is.” “Kyk dan asseblief na my lammers,” vra Jesus toe. ’n Tweede keer vra Jesus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” “Ja, Here. U weet mos hoe lief ek U het,” sê Petrus weer. “Pas dan asseblief my skape soos ’n herder op,” vra Jesus. ’n Derde keer vra Jesus hom: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief? Kan Ek heeltemal op jou lojaliteit staatmaak?” Petrus het hartseer geword omdat Jesus so aanhou. “Here,” sê hy toe, “U hoef nie eens te vra nie, want U weet alles; ook wat in my hart aangaan. U weet mos hoe lief ek vir U is.” “Sorg dan vir my skape,” sê Jesus. “Ek wil vir jou iets belangriks sê. Toe jy jonk was, het jy self aangetrek en jy kon stap waar jy wou. Maar as die ouderdom jou inhaal, sal jy dit nie eens meer kan doen nie. Jy sal maar net jou hande vraend kan uitsteek. Ander sal dan kom en jou aantrek en jou dra waar jy nie wil wees nie.”
JOHANNES 21:15-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe hulle klaar ontbyt geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief, meer as hierdies?” Petrus sê vir Jesus: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Jesus sê vir hom: “Gaan versorg my lammers.” Jesus vra hom toe ’n tweede keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet,” antwoord Petrus. Jesus sê vir hom: “Wees ’n herder vir my skape.” ’n Derde keer vra Jesus hom: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het hartseer geword omdat Jesus hom ’n derde keer gevra het: “Het jy My lief?” en hy antwoord Jesus: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Jesus sê vir hom: “Gaan versorg my skape. Ek verseker jou, toe jy nog jonger was, het jy self jou klere vasgegordel en het jy rondgegaan waar jy ook al wou; wanneer jy egter oud is, sal jy jou hande uitstrek en iemand anders sal jou klere vasgordel en jou bring waar jy nie graag sal wil wees nie.”