JOHANNES 16:29-30
JOHANNES 16:29-30 Bybel vir almal (ABA)
Die dissipels het vir Jesus gesê: “Nou praat U reguit. U gebruik nie voorbeelde nie. Nou weet ons dat U alles weet. Dit is nie nodig dat ons vir U vrae moet vra nie. Ons glo nou dat U van God kom.”
JOHANNES 16:29-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie. Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het.
JOHANNES 16:29-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy dissipels sê toe: “Kyk, nou praat U reguit en gebruik nie beeldspraak nie. Nou weet ons dat U alles weet, en niemand hoef U verder uit te vra nie. Ons glo nou dat U van God gekom het.”
JOHANNES 16:29-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy dissipels sê toe: “Kyk, nou praat U openlik en vertel nie gelykenisse nie. Nou weet ons dat U alles weet, en dat niemand U nog hoef uit te vra nie. Daarom glo ons dat U van God af gekom het.”
JOHANNES 16:29-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U reguit en spreek geen spreekwoord nie. Nou is ons seker dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U vra nie; hierdeur glo ons dat U van God uitgegaan het.
JOHANNES 16:29-30 Die Boodskap (DB)
“Nou praat U reguit, op die man af, sonder allerhande beelde,” sê sy volgelinge. “Ons besef al hoe meer hoeveel U weet. Ja-nee, wat daar te wete is, weet U. U hoef nie by ander mense te gaan aanklop nie. Watter beter bewys is daar dat U regtig van God af kom? Ons is in alle geval seker daarvan.”