JOHANNES 16:23-24
JOHANNES 16:23-24 Bybel vir almal (ABA)
“Daardie dag sal julle nie meer vir My iets vra nie. Ek sê vir julle, en dit is seker: Daardie dag kan julle vir die Vader enige iets vra omdat julle aan My behoort, en Hy sal dit vir julle gee. Julle mag enige iets vra omdat julle aan My behoort. Tot nou toe het julle nog niks gevra nie. Julle moet vra, en julle sal kry. Dan sal julle regtig baie bly wees.
JOHANNES 16:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
JOHANNES 16:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. “Dít verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”
JOHANNES 16:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En op daardie dag sal julle My niks meer vra nie. Amen, amen, Ek sê vir julle: Wat julle die Vader in my Naam vra, sal Hy aan julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Vra, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. ”
JOHANNES 16:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in dié dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader in my Naam sal vra, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie; bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
JOHANNES 16:23-24 Die Boodskap (DB)
Dan sal daar geen keer wees aan julle blydskap nie. Niemand sal julle meer hartseer kan maak nie. Wanneer dit eers gebeur, sal van al julle vrae nie een meer oorbly nie. Luister mooi. Julle sal ander dinge begin vra. Wat julle ook al van my Vader vra om my saak in hierdie wêreld te bevorder, sal God vir julle gee. Tot nou toe het julle nog nooit so iets gevra nie. Neem vrymoedigheid en vra! Julle blydskap sal geen einde hê nie.”
JOHANNES 16:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En op daardie dag sal julle My niks meer uitvra nie. Ek verseker julle, wat julle ook al van die Vader vra in my Naam, sal Hy aan julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Hou aan bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volledig kan wees.