JOHANNES 11:4-7
JOHANNES 11:4-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Hierdie siekte lei nie tot die dood nie, maar tot die verheerliking van God, sodat die •Seun van God daardeur verheerlik kan word. ” Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad. Toe Hy hoor van Lasarus se siekte, het Hy nog twee dae vertoef op die plek waar Hy was. Eers daarna sê Hy vir sy dissipels: “Kom ons gaan terug na Judea.”
JOHANNES 11:4-7 Bybel vir almal (ABA)
Toe Jesus hoor dat Lasarus siek is, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie vir Lasarus doodmaak nie. God sal sy siekte gebruik om te wys dat Hy God is. Dan sal die mense kan sien dat Ek, die Seun van God, ook God is.” Jesus was lief vir Marta en haar suster en vir Lasarus. Jesus het gehoor dat Lasarus siek is, maar Hy het nog twee dae op die plek gebly waar Hy was. Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan weer na Judea.”
JOHANNES 11:4-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word. En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad. En toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy twee dae vertoef in die plek waar Hy was. Eers daarna sê Hy aan die dissipels: Laat ons weer na Judéa gaan.
JOHANNES 11:4-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie, maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.” Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad. Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was. Eers daarna het Hy vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan terug na Judea toe.”
JOHANNES 11:4-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Hierdie siekte lei nie tot die dood nie, maar tot die verheerliking van God, sodat die •Seun van God daardeur verheerlik kan word. ” Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad. Toe Hy hoor van Lasarus se siekte, het Hy nog twee dae vertoef op die plek waar Hy was. Eers daarna sê Hy vir sy dissipels: “Kom ons gaan terug na Judea.”
JOHANNES 11:4-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood nie, maar tot eer van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word. En Jesus het Marta en haar suster en Lasarus liefgehad. Toe hy dan hoor dat hy siek was, het hy nog twee dae op dieselfde plek gebly waar hy was. Daarna sê Hy vir sy dissipels: Laat ons weer na Judéa gaan.
JOHANNES 11:3-7 Die Boodskap (DB)
Hy het ’n baie spesiale plekkie vir hulle gehad. Lasarus word toe baie siek. Sy susters het Jesus dadelik daarvan laat weet. Toe Jesus die nuus hoor, sê Hy: “Hierdie siekte beteken nie Lasarus se einde nie. Dit beteken wel dat mense sal kan sien hoe sterk God regtig is. En as mense dit sien, sal hulle sommer ook besef hoe belangrik die Seun van God is.” Daarom het Jesus besluit om eers twee dae later Betanië toe te gaan. Na ’n paar dae sê Hy vir sy volgelinge: “Kom, ons gaan na Lasarus-hulle toe.”
JOHANNES 11:4-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het die boodskap gehoor en gesê: “Hierdie siekte gaan nie op die dood uitloop nie, maar vind plaas om die heerlikheid van God sigbaar te maak sodat die Seun van God daardeur verheerlik word.” Jesus was lief vir Marta, haar suster en vir Lasarus. Toe Jesus gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy nog twee dae oorgebly op die plek waar Hy was. Eers hierna het Hy vir sy dissipels gesê: “Laat ons weer ’n keer Judea toe gaan.”