JOHANNES 11:4-7

JOHANNES 11:4-7 AFR53

En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word. En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad. En toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy twee dae vertoef in die plek waar Hy was. Eers daarna sê Hy aan die dissipels: Laat ons weer na Judéa gaan.