JEREMIA 51:54-64
JEREMIA 51:54-64 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar word om hulp geroep uit Babel, daar klink harde smartkrete uit Galdeërland, want die Here verwoes Babel en maak 'n einde aan sy geraas. Soos groot waters sal die golwe van sy vyande teen hom aangedreun kom en sal hulle krygsgeskreeu weerklink. Ja, daar trek 'n verwoester op teen hom, teen Babel, en sy soldate word gevange geneem, hulle boë stukkend gebreek, want die Here is 'n God wat vergeld, en Hy sal voluit straf. Ek sal sy amptenare, sy raadgewers, sy goewerneurs, sy offisiere, sy soldate dronk laat word, en hulle sal vir altyd aan die slaap raak sonder om wakker te word, sê die Koning. Sy Naam is die Here die Almagtige. So sê die Here die Almagtige: Die dik vestingmuur van Babel sal gesloop word, sy hoë poorte sal afgebrand word: mense het geswoeg vir niks, nasies het hulle afgesloof vir iets wat vir die vuur bestem is. Die opdrag wat die profeet Jeremia aan Seraja seun van Nerija, seun van Magseja, gegee het toe hy saam met koning Sedekia van Juda in sy vierde regeringsjaar na Babel toe vertrek het; Seraja was kwartiermeester, en Jeremia het al die onheil wat Babel sou tref, alles wat oor Babel neergeskryf was, in een boekrol opgeskryf en vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, moet jy alles hardop lees en sê: ‘Here, U het van hierdie plek gesê dat U hom so sal verwoes dat geen mens of dier weer in hom sal woon nie en dat hy altyd verlate sal wees.’ “Wanneer jy hierdie boekrol klaar hardop gelees het, moet jy 'n klip aan hom vasbind en hom in die Eufraat gooi en sê: So sal Babel wegsink en nie opkom nie as gevolg van die onheil wat Ek oor hom bring; sy inwoners het hulle afgesloof vir niks, sê die Here.” Tot sover die woorde van Jeremia.
JEREMIA 51:54-64 Bybel vir almal (ABA)
Die mense hoor hoe skree die mense van Babel, en hulle vra dat iemand hulle moet help, want dit gaan baie sleg in Galdeër-land. Die Here is besig om Babel te verwoes, Hy wil hulle groot geraas laat ophou. Die vyande kom soos branders teen die stad, branders wat raas en dreun. Ja, daar kom vyande oor Babel, hulle verwoes alles. Hulle vang die soldate van Babel en breek hulle pyle en boë, want die Here is 'n God wat straf, en Hy sal straf, dit is seker. Die Koning praat, sy Naam is die Here wat oor alles regeer. Hy sê: “Ek sal die mense van Babel dronk maak, hulle amptenare, hulle wyse mense, hulle goewerneurs, hulle regeerders en hulle soldate, en hulle sal vir altyd aan die slaap raak.” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die vyande sal die breë muur van Babel heeltemal afbreek en hulle sal sy poorte verbrand. Baie mense het daar baie hard gewerk, maar dit het niks gehelp nie, alles wat hulle gebou het, sal verbrand.” Seraja seun van Nerija seun van Magseja het saam met koning Sedekia van Juda na Babel gegaan. Dit was in die vierde jaar nadat Sedekia koning geword het. Seraja moes sorg dat die koning slaapplek het langs die pad. Die profeet Jeremia het vir Seraja gesê wat hy moet doen wanneer hy in Babel kom. Jeremia het al die slegte dinge wat met Babel sal gebeur, in 'n boek geskryf, alles wat hier oor Babel geskryf is. Jeremia het vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, dan moet jy na die stad kyk en jy moet al hierdie woorde lees, en dan moet jy sê: ‘Here, U het gesê U wil hierdie plek verwoes sodat niemand hier sal woon nie, nie 'n mens of 'n dier nie. U het ook gesê dat die stad altyd leeg sal wees.’ “En wanneer jy hierdie boek klaar gelees het, dan moet jy 'n klip vasmaak aan die boek en jy moet dit in die Eufraat-rivier gooi. Jy moet sê: ‘So sal Babel wegsink en nie weer opkom nie, omdat die Here dit sleg sal laat gaan met die stad. Mense het daar baie hard gewerk, maar dit het niks gehelp nie.’ ” Dit is die laaste woorde wat Jeremia gesê het.
JEREMIA 51:54-64 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoor! Geskreeu uit Babel en groot verbreking uit die land van die Chaldeërs; want die HERE verwoes Babel en sal uit hom die groot geraas laat verdwyn; en hulle golwe sal bruis soos groot waters, die gedruis van hulle geluid sal weergalm. Want 'n verwoester oorval hom, oorval Babel, en sy helde word gevang, hulle boë word stukkend gebreek; want 'n God van vergelding is die HERE; Hy sal gewis vergelde. En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, sy goewerneurs en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal slaap 'n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare. So sê die HERE van die leërskare: Die breë muur van Babel sal tot op die grond toe afgebreek en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word, sodat volke vir niks gearbei het en nasies vir die vuur; en hulle sal afgemat wees. Die woord waarmee die profeet Jeremia bevel gegee het aan Serája, die seun van Nería, die seun van Magséja, toe hy saam met Sedekía, die koning van Juda, na Babel getrek het, in die vierde jaar van sy regering. En Serája was laerkommandant. En Jeremia het in 'n boek geskrywe al die onheil wat oor Babel sou kom, al hierdie woorde wat oor Babel geskrywe is. En Jeremia het vir Serája gesê: As jy in Babel kom, dink daaraan en lees al hierdie woorde; en sê: o HERE, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees. En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy 'n klip daaraan vasmaak en dit binne-in die Eufraat gooi en sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring; en hulle sal afgemat wees. Tot sover die woorde van Jeremia.
JEREMIA 51:54-64 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar word om hulp geroep uit Babel, daar klink harde smartkrete uit Galdeërland, want die Here verwoes Babel en maak 'n einde aan sy geraas. Soos groot waters sal die golwe van sy vyande teen hom aangedreun kom en sal hulle krygsgeskreeu weerklink. Ja, daar trek 'n verwoester op teen hom, teen Babel, en sy soldate word gevange geneem, hulle boë stukkend gebreek, want die Here is 'n God wat vergeld, en Hy sal voluit straf. Ek sal sy amptenare, sy raadgewers, sy goewerneurs, sy offisiere, sy soldate dronk laat word, en hulle sal vir altyd aan die slaap raak sonder om wakker te word, sê die Koning. Sy Naam is die Here die Almagtige. So sê die Here die Almagtige: Die dik vestingmuur van Babel sal gesloop word, sy hoë poorte sal afgebrand word: mense het geswoeg vir niks, nasies het hulle afgesloof vir iets wat vir die vuur bestem is. Die opdrag wat die profeet Jeremia aan Seraja seun van Nerija, seun van Magseja, gegee het toe hy saam met koning Sedekia van Juda in sy vierde regeringsjaar na Babel toe vertrek het; Seraja was kwartiermeester, en Jeremia het al die onheil wat Babel sou tref, alles wat oor Babel neergeskryf was, in een boekrol opgeskryf en vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, moet jy alles hardop lees en sê: ‘Here, U het van hierdie plek gesê dat U hom so sal verwoes dat geen mens of dier weer in hom sal woon nie en dat hy altyd verlate sal wees.’ “Wanneer jy hierdie boekrol klaar hardop gelees het, moet jy 'n klip aan hom vasbind en hom in die Eufraat gooi en sê: So sal Babel wegsink en nie opkom nie as gevolg van die onheil wat Ek oor hom bring; sy inwoners het hulle afgesloof vir niks, sê die Here.” Tot sover die woorde van Jeremia.
JEREMIA 51:54-64 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar klink 'n hulpgeroep op uit Babel, die geluid van totale ineenstorting uit die land van die Galdeërs. Want die HERE gaan Babel verwoes, en die groot rumoer uit haar laat verdwyn. Die vyande se golwe sal dreun soos magtige waters, die geluid van hulle gedruis sal weergalm. Ja, teen haar, teen Babel, trek 'n verwoester op. Haar helde word gevange geneem, hulle boë word stukkend gebreek; want 'n God van vergelding is die HERE – Hy sal ten volle vergeld. “Ek maak haar bevelvoerders, haar wyses, haar streekgoewerneurs, haar landvoogde en haar helde dronk. Hulle sal 'n ewige slaap ingaan en nie weer wakker word nie,” is die uitspraak van die Koning. Die HERE, Heerser oor alle magte, is sy Naam. So sê die HERE, Heerser oor alle magte: “Die dik stadsmuur van Babel sal heeltemal afgebreek word; haar hoë poorte sal afgebrand word. Volke het hulle vermoei vir niks, en nasies vir die vuur; hulle het hulle afgesloof.” Dit is die saak wat die profeet Jeremia aan Seraja, seun van Nerija, seun van Magseja, opgedra het, toe hy saam met Sedekia, koning van Juda, in die vierde jaar van sy koningskap, na Babel gegaan het. Seraja was kwartiermeester. Jeremia het al die onheil wat Babel sou tref, al hierdie woorde wat oor Babel geskryf is, in een •boekrol neergeskryf. Jeremia het vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, moet jy sorg dat jy al hierdie woorde hardop lees en sê, ‘HERE, U het self oor hierdie plek gesê dat U dit sal vernietig, sodat daar nie meer inwoners sal wees nie, nie mens of dier nie, maar dat dit vir altyd 'n woesteny sal wees.’ Wanneer jy hierdie boekrol dan klaar gelees het, moet jy 'n klip daaraan vasmaak, dit in die middel van die Eufraat gooi en sê, ‘Só sal Babel sink en nie weer opkom nie, vanweë die onheil wat Ek oor haar bring.’ ”
JEREMIA 51:54-64 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar kom 'n geluid van 'n geskreeu uit Babel, en 'n groot verwoesting uit die land van die Chaldeërs. Omdat die HERE Babel geplunder en die groot stem daaruit vernietig het; wanneer sy golwe dreun soos groot waters, word 'n geluid van hulle stem uitgespreek: Omdat die verwoester oor haar gekom het, ja, oor Babel, en sy helde gevange geneem is, is elkeen van hulle boë verbreek; want die HERE, die God van die vergoeding, sal gewis vergelde. En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, sy owerstes en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal 'n ewige slaap slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam die HERE van die leërskare is. So sê die HERE van die leërskare: Die breë mure van Babel sal heeltemal verbreek word, en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word; en die volk sal tevergeefs arbei en die volk in die vuur, en hulle sal moeg word. Die woord wat die profeet Jeremia aan Seraja, die seun van Nería, die seun van Maäséja, beveel het toe hy saam met Sedekia, die koning van Juda, na Babel gegaan het in die vierde jaar van sy regering. En hierdie Seraja was 'n stil prins. Jeremia het toe al die onheil wat oor Babel sou kom, in 'n boek geskryf, al hierdie woorde wat oor Babel geskryf is. En Jeremia sê vir Seraja: As jy in Babel kom en al hierdie woorde sien en lees; Dan moet jy sê: o HERE, U het teen hierdie plek gespreek om dit uit te roei, dat niemand daarin sal oorbly nie, geen mens of dier nie, maar dat dit vir ewig 'n wildernis sal wees. En as jy klaar is met die lees van hierdie boek, moet jy 'n klip daaraan bind en dit in die middel van die Eufraat gooi. En jy moet sê: So sal Babel sink en nie opstaan van die onheil wat Ek oor hom sal bring nie; en hulle sal moeg word. Tot dusver is die woorde van Jeremia.
JEREMIA 51:54-64 Die Boodskap (DB)
Hoor hoe skree hulle in Babel. ’n Mens hoor die groot lawaai soos die land vernietig word. Die Here is besig om Babel te verwoes. Hy sal die rumoer in die stad laat stil word. Die vyand sal met ’n gedreun teen die stad aanstorm soos die golwe van ’n massa water. Hulle skree oorlogskrete terwyl hulle die stad bestorm. ’n Vyand trek teen Babel op om die stad te verwoes. Hulle sal die soldate gevange neem en hulle wapens stukkend slaan. Die Here sorg dat mense die straf kry wat hulle verdien. Dit is presies wat Hy besig is om met Babel te doen. Hulle kry die straf wat hulle toekom. Die Here is Koning en sterker as alles en almal. Hy sê: “Ek sal die leiers dronk maak. Dit sluit in die senior amptenare, raadgewers, offisiere en soldate. Hulle sal aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie.” Die Here sê ook: “Babel se mure is baie dik, maar sal met die grond gelykgemaak word. Die hekke van die stadsingange is baie hoog, maar sal met vuur verbrand word. Hulle het baie mense van ander lande gedwing om vir hulle te werk, maar al hulle werk was verniet. Dit sal met vuur verbrand word.” Jeremia was ’n profeet van die Here. Hy het ’n boodskap saam met Seraja na Babel toe gestuur. Seraja was die seun van Nerija en kleinseun van Magseja. Hy het saam met koning Sedekia na Babel gery en was verantwoordelik vir die reisreëlings. Dit was in die vierde jaar dat Sedekia koning van Juda was. Jeremia het al die rampe en ellendes wat Babel sou tref, in ’n boek opgeskryf. Hy het vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, moet jy alles wat in die boek geskryf is, hardop lees. Jy moet sê: ‘Here, U het gesê dat U hierdie stad so erg gaan verwoes dat geen mens of dier meer hier sal bly nie. Die stad sal vir altyd so leeg en verlate bly.’ As jy die boek klaar gelees het, moet jy dit aan ’n klip vasmaak en in die middel van die Eufraatrivier gooi. Sê dan: ‘Dieselfde sal met Babel gebeur. Babel sal sink en nooit weer opkom nie. Dit sal gebeur omdat die Here rampe en ellendes oor hulle sal bring. Al hulle moeite sal dan pure verniet wees.” Hier eindig die boodskap van Jeremia.
JEREMIA 51:54-64 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Hoor hoe skreeu hulle in Babel! Dis die geluid van groot vernietiging in die land van die Babiloniërs. Want die HERE verwoes Babel. Hy laat die rumoer ophou. Die vyand sal met ’n gedreun teen hulle aanstorm soos ’n groot massa water. Hulle oorlogskrete sal deur die stad klink. ’n Vernietiger trek op teen Babel om die stad te verwoes. Hulle vang die soldate en slaan hulle wapens aan stukke. Omdat die HERE ’n God is wat regverdig straf, kry hulle wat hulle verdien. Ek maak die leiers, amptenare, wyse manne, bestuurders, bevelvoerders en soldate dronk. Hulle sal aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie!” sê die Koning wie se Naam die HERE, die Almagtige, is. Die HERE, die Almagtige, sê ook: “Babel se mure is baie dik, maar sal gelykgemaak word met die grond. Die stadspoorte is baie hoog, maar vuur sal dit verbrand. Baie werkers uit ander lande het vir hulle gewerk, maar dit was tevergeefs. Vuur sal hulle werk verbrand!” Die profeet Jeremia het ’n opdrag saam met Seraja na Babel toe gestuur. Seraja was die seun van Nerija en kleinseun van Magseja. Hy het saam met koning Sedekia na Babel toe gereis. Seraja was verantwoordelik vir die reisreëlings. Dit was in die vierde jaar wat koning Sedekia oor Juda regeer het. Jeremia het al die rampe wat Babel gou sou tref op ’n boekrol geskryf. Hy het vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, moet jy alles wat in die boekrol geskryf staan, hardop lees. Dan moet jy sê: ‘HERE, U het gesê U gaan hierdie stad verwoes. Geen mens of dier sal meer hier wees nie. Die stad sal vir altyd leeg en verlate bly.’ “Wanneer jy die boek klaar gelees het, maak dit vas aan ’n klip en gooi dit in die Eufraatrivier. Sê dan: ‘Dieselfde sal met Babel gebeur. Babel sal sink en nooit weer opkom nie. Dit sal gebeur omdat die HERE rampe oor hulle sal bring. Al hulle mense sal vernietig word.’” Hier eindig die boodskappe van Jeremia.