JEREMIA 33:24-26
JEREMIA 33:24-26 Bybel vir almal (ABA)
“Het jy gehoor wat sê hierdie volk? Hulle sê Ek het die twee groepe stamme wat Ek gekies het, gelos. Hulle dink my volk beteken niks. Hulle dink die Israeliete kan nie meer 'n volk wees nie. Maar Ek sê: Ek sal nooit my verbond met die dag en die nag breek nie, en Ek sal ook nie alles wat in die hemel en op die aarde gebeur, laat ophou nie. Net so sal Ek nooit die nageslag van Jakob los nie. Ek sal aanhou om mense te kies van my dienaar Dawid se nageslag, hulle sal regeer oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob. Ek sal dit weer goed laat gaan met hulle, Ek sal jammer wees vir hulle en Ek sal hulle help.”
JEREMIA 33:24-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie. So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie, dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.
JEREMIA 33:24-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Het julle agtergekom dat daar mense is wat sê: “Die Here het die twee stamme Juda en Levi wat Hy gekies het, verwerp”? Hierdie mense minag my volk en beskou hom nie meer as 'n volk nie. Maar so sê die Here: As Ek nie my verbond met die dag en die nag nakom nie en my voorskrifte vir die hemel en die aarde nie handhaaf nie, sal Ek die nageslag van Jakob en die nageslag van my dienaar Dawid verwerp en nie meer een uit sy nageslag vat om te regeer oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie. Ek sal hulle lot verander en medelye met hulle hê.
JEREMIA 33:24-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Het jy nie opgelet wat hierdie volk sê nie? Hulle sê, ‘Die twee familiegroepe wat die HERE gekies het – Hy het hulle verwerp!’ Hulle verag my volk, sodat, wat hulle betref, hulle nie meer 'n nasie is nie.” So sê die HERE: “As Ek my verbond met dag en nag, die voorskrifte vir die hemel en die aarde, nie neergelê het nie, dan sou Ek ook die nageslag van Jakob en van Dawid, my dienskneg, verwerp deur nie uit sy nageslag heersers oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob te neem nie. Ja, Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.”
JEREMIA 33:24-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Let jy nie op wat hierdie volk gespreek het deur te sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, Hy het hulle selfs verstoot nie? daarom het hulle my volk verag, dat hulle voor hulle nie meer 'n nasie sou wees nie. So sê die HERE: As my verbond nie met dag en nag is nie, en as Ek nie die verordeninge van hemel en aarde vasgestel het nie; Dan sal Ek die nageslag van Jakob en my kneg Dawid verwerp, sodat Ek nie een van sy nageslag sal neem om heersers oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob te wees nie; want Ek sal hulle gevangenskap terugbring en genade oor hulle.
JEREMIA 33:24-26 Die Boodskap (DB)
“Het julle gehoor wat die mense sê? Hulle sê dat die Here Juda en Israel gekies het. Maar nou verwerp Hy hulle. Omdat die Here dit gedoen het, sien ander nasies met minagting op hulle neer. Hulle dink nie Israel en Juda is werd om ’n nasie genoem te word nie.” Maar die Here antwoord so: “Ek sal nie die wette van die nag en die dag of die vaste patrone van die aarde en die hemel verander nie. Net so min as wat Ek dit sal doen, net so min sal Ek my mense verwerp. Ek sal ook nie die nageslag van Jakob en Dawid vergeet nie. Ek sal ook nie van plan verander dat een van Dawid se nageslag sal regeer oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie. Wat sal gebeur, is dat Ek hulle omstandighede weer normaal sal maak soos dit tevore was. Hulle sal weer in rus en vrede in hulle land bly. Ek sal mooi versigtig met hulle werk.”
JEREMIA 33:24-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Het julle gehoor wat die mense sê? ‘Die HERE het Juda en Israel gekies, maar nou verwerp Hy hulle weer! Omdat Hy dit gedoen het, kyk ander nasies met minagting neer op my volk. Hulle ag hulle nie langer as ’n nasie nie.’” Maar die HERE antwoord so: “Soos Ek nie die natuurwette van die nag en die dag of die aarde en die hemel sal verander nie, net so min sal Ek my mense verwerp. Ek sal nie die nageslag van Jakob en my dienaar Dawid vergeet nie. Ek sal nie van plan verander dat iemand uit Dawid se nageslag oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob regeer nie. Ek sal hulle omstandighede verander en My oor hulle ontferm.”