JEREMIA 33:19-22
JEREMIA 33:19-22 Bybel vir almal (ABA)
Jeremia het gehoor die Here sê vir hom: “Die Here sê: Ek het 'n ooreenkoms met die dag en die nag gemaak, sodat die dag en die nag sal kom wanneer hulle moet kom. Julle kan nooit daardie ooreenkoms breek nie. “Net so sal Ek nooit my verbond met Dawid breek nie, iemand van sy nageslag sal altyd koning wees. Ek sal ook nooit my verbond breek met die priesters en die Leviete wat vir My werk nie, want Ek sal die nageslag van Dawid en die Leviete wat vir My werk, baie laat word, so baie soos die sterre in die lug, niemand kan hulle tel nie. Hulle sal so baie wees soos die sand by die see, niemand kan dit meet nie.”
JEREMIA 33:19-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die woord van die HERE het tot Jeremia gekom en gesê: So spreek die HERE: As julle my verbond met die dag en my verbond met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie, dan sal ook my verbond met Dawid, my kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Leviete, die priesters, my dienaars. Soos die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek vermenigvuldig die nageslag van my kneg Dawid, en die Leviete wat My dien.
JEREMIA 33:19-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: So sê die Here: As jy die verbond wat Ek met die dag en die nag gesluit het, kan verbreek sodat dag en nag nie meer op die regte tyd kom nie, sal die verbond verbreek word wat Ek met my dienaar Dawid gesluit het dat daar altyd vir hom 'n nageslag sal wees om as koning op Dawid se troon te heers. Dit geld ook die verbond wat Ek gesluit het met die Levitiese priesters wat in my diens is. Ek sal die nageslag van my dienaar Dawid en dié van die Leviete wat in my diens is, so baie maak soos die sterre wat nie getel kan word nie, en soos die sand van die see waarvan die hoeveelheid nie bereken kan word nie.
JEREMIA 33:19-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woord van die HERE het tot Jeremia gekom: “ So sê die HERE, ‘As julle my verbond met die dag en my verbond met die nag kan verbreek, sodat dag en nag nie meer op tyd aanbreek nie, sal ook my verbond met Dawid , my dienskneg, verbreek kan word, sodat daar nie vir hom 'n seun sal wees om as koning te regeer op sy troon nie. Dit geld ook my verbond met die Leviete, die priesters wat in my diens is. Soos wat die hemelliggame nie getel en die sand van die see nie afgemeet kan word nie, so sal Ek die nageslag van Dawid, my dienskneg, vermeerder, en ook die Leviete wat in my diens is.’ ”
JEREMIA 33:19-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die woord van die HERE het tot Jeremia gekom en gesê: So sê die HERE: As julle my verbond van die dag en my verbond van die nag kan verbreek, en dat daar nie dag en nag sou wees op hulle tyd nie; Dan mag ook my verbond met my kneg Dawid verbreek word, dat hy geen seun sou hê om op sy troon te heers nie; en saam met die Leviete, die priesters, my dienaars. Soos die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek die nageslag van my kneg Dawid en die Leviete wat My dien, vermenigvuldig.
JEREMIA 33:19-22 Die Boodskap (DB)
Die Here het toe vir Jeremia gesê: “Ek het ’n ooreenkoms met die dag en die nag om op vaste tye te begin. As julle dit kan regkry om hierdie ooreenkoms verbreek te kry, dan, en dan alleen, sal my ooreenkoms met Dawid wat in my diens was, verbreek kan word. Net as dit gebeur, sal hy nie meer ’n opvolger uit sy familie as koning hê nie. Dieselfde geld vir die priesters uit die Leviete. Daar sal altyd iemand van hulle vir My by die tempel werk. Dit is nie moontlik om die sterre te tel nie. Dit is ook onmoontlik om vas te stel hoeveel sand op die strande is. Die nageslag van Dawid wat kom, sal so baie word dat hulle soos die sterre en die seesand sal wees. ’n Mens sal hulle nie kan tel nie. Dieselfde geld ook vir die Leviete.”
JEREMIA 33:19-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het vir Jeremia ’n boodskap gegee. Hy het gesê: “As julle die verbond wat Ek met die dag en die nag gesluit het, kan verbreek sodat dit nie meer aanbreek nie, dan en dan alleen sal Ek my verbond met my dienaar Dawid verbreek sodat daar nie meer ’n opvolger as koning op sy troon sal wees nie. Dieselfde geld my verbond met die Levitiese priesters wat in my diens staan. Soos die sterre en die sand op die strande nie getel kan word nie, so sal Ek die nageslag van my dienskneg Dawid en die Leviete in my diens vermeerder.”