JEREMIA 33:11
JEREMIA 33:11 Bybel vir almal (ABA)
dat die mense vrolik en bly is, en dat hulle weer sal trou en bruilof hou. Hulle sal sing en sê: “ ‘Prys die Here wat oor alles regeer, want die Here is goed, en Hy doen altyd wat Hy belowe het.’ “Julle sal hoor die mense bring weer dank-offers in die tempel. Hulle sal dit doen, want Ek sal dit weer goed laat gaan in die land, soos voorheen.” Dit sê die Here.
JEREMIA 33:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! — van die wat 'n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die HERE.
JEREMIA 33:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
sal daar weer blydskap en vreugde wees, ook huweliksfeeste, die mense sal die Here die Almagtige loof. Dié wat dankoffers na die huis van die Here toe bring, sal sê: “Loof die Here die Almagtige, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.” Ek sal die lot van die land verander, dit sal weer wees soos vroeër, sê die Here.
JEREMIA 33:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
die geluid van vrolikheid en vreugde, die stem van bruidegom en bruid, die stem van hulle wat sê, “Prys die HERE, Heerser oor alle magte, want die HERE is goed, ja, vir ewig duur sy troue liefde,” terwyl hulle dank betuig in die huis van die HERE. Ja, Ek sal die lot van die land verander om te wees soos voorheen,’ sê die HERE.
JEREMIA 33:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die stem van blydskap en die stem van blydskap, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed; want sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en van die wat die lofoffer in die huis van die HERE bring. Want Ek sal die lot van die land terugbring soos in die begin, spreek die HERE.
JEREMIA 33:11 Die Boodskap (DB)
vrolik lag. Die mense sal ook weer troues hou en vrolik wees saam met die bruidspare. Ander mense weer sal opgewekte liedere sing om vir die Here te wys hoe dankbaar hulle teenoor Hom is. Hulle sal by die tempel sing: ‘Loof die Here wat sterker as alles en almal is, want Hy is goed. Sy liefde en getrouheid hou nooit op nie.’ Ek sal die gevangenes wat uit die land weggeneem is, terugbring,” sê die Here.
JEREMIA 33:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die vrolike stemme van bruidegomme en bruide sal weer opklink. Mense sal ook weer opgewekte liedere sing om hulle dankbaarheid teenoor die HERE te bewys. Hulle sal by die tempel sing: “‘Bring lof aan die HERE, die Almagtige, want die HERE is goed. Sy liefde en trou hou nooit op nie!’ “Ek sal die omstandighede in die land verander sodat dit weer soos vroeër sal wees,” sê die HERE.