JEREMIA 11:3-4
JEREMIA 11:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet vir hulle sê: Die Here, die God van Israel, sê: Ek vervloek die man wat nie gehoorsaam is aan wat Ek gesê het toe Ek met julle voorvaders 'n verbond gemaak het nie. Dit het in Egipte baie sleg gegaan met julle voorvaders, en Ek het hulle uit Egipte gebring. Ek het vir hulle gesê: Julle moet gehoorsaam wees aan My en julle moet alles doen wat Ek vir julle sê. Dan sal julle my volk wees en Ek sal julle God wees.
JEREMIA 11:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sê vir hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Vervloek is die man wat nie luister nie na die woorde van hierdie verbond wat Ek julle vaders beveel het op die dag toe Ek hulle uit Egipteland, uit die ystersmeltoond, uitgelei het met die woorde: Luister na my stem en doen die woorde net soos Ek julle beveel; dan sal julle vir My 'n volk wees, en Ek sal vir julle 'n God wees
JEREMIA 11:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sê vir hulle: So sê die Here, die God van Israel: Vervloek is elkeen wat ongehoorsaam is aan die bepalings van hierdie verbond wat Ek julle voorvaders beveel het toe Ek hulle uit Egipte, uit die ystersmeltoond, bevry het. Ek het gesê: Luister na My en doen alles wat Ek julle beveel, dan sal julle my volk wees en Ek sal julle God wees.
JEREMIA 11:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sê vir hulle, ‘So sê die HERE, die God van Israel: “Vervloek is die mens wat nie luister na die woorde van hierdie verbond nie, dit wat Ek julle voorouers beveel het op die dag toe Ek hulle uit Egipteland, uit die ystersmeltoond, uitgelei het met die woorde, ‘Luister na my stem en tree op ooreenkomstig alles wat Ek julle beveel. Julle sal dan my volk wees, en Ek sal julle God wees
JEREMIA 11:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sê vir hulle: So spreek die HERE, die God van Israel; Vervloek is die man wat die woorde van hierdie verbond nie gehoorsaam nie, wat Ek julle vaders beveel het op die dag toe Ek hulle uit Egipteland, uit die ysteroond, uitgelei het, deur te sê: Luister na my stem en doen dit net soos Ek julle beveel; so sal julle vir My 'n volk wees, en Ek sal julle God wees
JEREMIA 11:3-4 Die Boodskap (DB)
Sê vir hulle: Die Here, die God van Israel sê: Dit sal sleg gaan met mense wat nie gehoorsaam is aan die voorskrifte van die ooreenkoms tussen My en hulle nie. Ek het vir julle voorouers gesê toe Ek hulle as slawe in Egipte vrygemaak het: Julle moet aan My gehoorsaam wees. Doen alles wat Ek sê julle moet doen. As julle dit regkry, sal julle my eie mense wees. Van my kant af sal Ek julle God wees.
JEREMIA 11:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sê vir hulle: ‘Die HERE, die God van Israel, sê: Daar rus ’n vloek op mense wat nie gehoorsaam is aan die voorskrifte van my verbond nie! Ek het vir julle voorouers gesê toe Ek hulle as slawe in Egipte vrygemaak het: Julle moet aan My gehoorsaam wees. Doen alles wat Ek julle beveel om te doen. Dan sal julle my volk wees en Ek sal julle God wees.