RIGTERS 5:20-21
RIGTERS 5:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Die sterre het van bo uit die lug geveg, hulle het van bo uit hulle bane teen Sisera geveg. Die Kisonspruit het die vyand weggesleur, Kison, die rivier uit die oertyd. “Marsjeer aan, wees dapper!
RIGTERS 5:20-21 Die Boodskap (DB)
Die sterre van die hemel het ook geveg; soos hulle deur die hemel beweeg, het hulle teen Sisera geveg. Die Kisonrivier, die eeue oue Kisonrivier, het die vyand meegesleur. “Moenie bang wees nie! Wees sterk!
RIGTERS 5:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Die sterre het van bo in die lug oorlog gemaak, hulle het op hulle pad gebly en oorlog gemaak teen Sisera. Die Kison-rivier het Sisera se mense weggespoel, die Kison-rivier wat baie oud is. Maar ek kon verder gaan, ek was sterk.
RIGTERS 5:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg; die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!
RIGTERS 5:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sisera geveg. Die Kisonrivier het die vyand meegesleur, die Kisonrivier, die rivier uit die voortyd.
RIGTERS 5:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Uit die hemelruim het die sterre geveg; uit hulle wentelbane het hulle teen Sisera geveg. Die Kisonspruit het hulle weggespoel, die oeroue spruit, die Kisonspruit!
RIGTERS 5:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het uit die hemel geveg; die sterre op hulle bane het teen Sisera geveg. Die rivier van Kison het hulle meegesleur, daardie ou rivier, die rivier Kison. O my siel, jy het krag vertrap.