RIGTERS 20:6
RIGTERS 20:6 Die Boodskap (DB)
Toe het ek haar liggaam in twaalf stukke opgesny en een stuk aan elke stam van Israel gestuur; hierdie mans het ’n afskuwelike ding onder ons volk gedoen.
RIGTERS 20:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het my byvrou se liggaam opgesny en dit deur die hele gebied van Israel rondgestuur. Die mense van Gibea het ’n afskuwelike en sinnelose ding in Israel gedoen.
RIGTERS 20:6 Bybel vir almal (ABA)
Ek het toe my byvrou se liggaam in stukke gesny en ek het die stukke deur die hele land Israel gestuur. Ek wou hê almal moet weet die manne van Gibea het 'n slegte ding gedoen, iets waaroor al die Israeliete hulle moet skaam.
RIGTERS 20:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle 'n gruwel en 'n skanddaad in Israel begaan het.
RIGTERS 20:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek haar opgesny en rondgestuur deur die hele gebied wat aan Israel behoort, want die mense van Gibea het 'n afskuwelike en lae ding in Israel gedoen.