JESAJA 42:13
JESAJA 42:13 Bybel vir almal (ABA)
Die Here kom soos 'n soldaat wat wil oorlog maak, Hy skree en Hy oorwin sy vyande.
Deel
Lees JESAJA 42JESAJA 42:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE sal uittrek soos 'n held; Hy sal die ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar.
Deel
Lees JESAJA 42JESAJA 42:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here ruk op soos 'n soldaat, strydlustig soos 'n krygsman. Hy skree en roep die oorlogskreet uit. Hy oorwin sy vyande.
Deel
Lees JESAJA 42JESAJA 42:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE, soos 'n held trek Hy uit, soos 'n krygsman wakker Hy die krygslus aan. Hy roep die strydkreet, ja, Hy skreeu die oorlogskreet uit; aan sy vyande betoon Hy Homself as die magtige.
Deel
Lees JESAJA 42JESAJA 42:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE sal uittrek soos 'n held, Hy sal ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal roep, ja, brul; hy sal sy vyande oorwin.
Deel
Lees JESAJA 42