HOSEA 10:12-13
HOSEA 10:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het gesê, ‘Saai vir julleself geregtigheid, oes troue liefde in oorvloed; breek vir julle nuwe grond oop. Dit is die aangewese tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid vir julle laat neerreën.’ Julle het goddeloosheid ingeploeg; onreg is wat julle geoes het; julle het die vrug van leuens geëet.
HOSEA 10:12-13 Bybel vir almal (ABA)
“Ek het vir hulle gesê: ‘Julle moet doen wat Ek wil hê, dit is die saad wat julle moet saai. Dan sal Ek lief wees vir julle, dit sal die koring wees wat julle afsny. Julle moet nou begin om op my koringland te werk. Dit is nou die tyd om te vra wat die Here wil hê. Dan sal Hy kom en Hy sal dit laat reën, sodat dit goed sal gaan met julle.’ “Maar julle het verkeerd gedoen, dit is die saad wat julle gesaai het. Daarom gaan dit sleg met julle, dit is die oes wat julle afgesny het. Hoekom?
HOSEA 10:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle 'n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën. Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.
HOSEA 10:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gesê: “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle 'n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.” Maar julle het sonde ingeploeg en julle het vyandskap geoes. Julle het die vrug van julle valsheid geëet. Omdat jy vertrou op jou eie planne en op jou baie soldate
HOSEA 10:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Saai vir julle in geregtigheid, maai in barmhartigheid; breek jou braakland op, want dit is tyd om die HERE te soek totdat Hy kom en geregtigheid oor jou laat reën. Julle het goddeloosheid geploeg, julle het ongeregtigheid gemaai; julle het die vrug van leuens geëet, omdat u op u weg vertrou het, op die menigte van u helde.
HOSEA 10:12-13 Die Boodskap (DB)
Ek het vir hulle gesê: ‘Plant in die grond wat reg en billik is, en julle sal liefde daaruit oes. Breek met die ploeg nuwe grond oop. Soek in hierdie tyd na die Here. Hy sal dan kom en Hy sal alles wat goed en reg is, op julle laat kom soos reën wat val.” “Maar julle het alles wat vol haat is in die grond ingeploeg. Julle het toe slegte dade daarvan geoes. Julle sal moet saamleef met dit wat gevolg het toe julle ander begin bedrieg het. Julle het daarop staatgemaak dat julle reg is om in die oorlog te gaan veg. Julle het vertroue gehad in julle weermag.
HOSEA 10:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het gesê: ‘Saai die goeie saad van geregtigheid en julle sal ’n opbrengs van my liefde oes. Ploeg die nuwe grond van julle harte, want dis nou die tyd om die HERE te soek sodat Hy kan kom en geregtigheid oor julle uitstort.’ “Maar julle het boosheid ingeploeg en ’n oes van sondes gekweek. Julle het die vrugte van leuens geëet. Jy het vir jou veiligheid staatgemaak op jou planne en jou militêre mag.