HEBREËRS 9:2-3
HEBREËRS 9:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het die tempel-tent gebou. In die eerste kamer was die lampstaander en die tafel met die offer-brood. Hulle het die eerste kamer genoem die “ gewyde kamer.” Agter die tweede gordyn was die tweede kamer wat hulle die “ hoog-gewyde plek” genoem het.
HEBREËRS 9:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste
HEBREËRS 9:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die verbondstent is opgerig, en in die voorste gedeelte daarvan, wat die Heilige genoem word, het die kandelaar en die tafel met die offerbrode gestaan. Agter die tweede voorhangsel was die gedeelte wat die Allerheiligste genoem word.
HEBREËRS 9:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die voorste tent was toegerus met die kandelaar, en die tafel met die •vertoonbrode, en is die “Heilige” genoem. En agter die tweede tempelgordyn was 'n tent, wat die Allerheiligste genoem is
HEBREËRS 9:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want daar is 'n tabernakel gemaak; die eerste, waarin die kandelaar en die tafel en die toonbrode was; wat die heiligdom genoem word. En ná die tweede voorhangsel, die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste van almal
HEBREËRS 9:2-3 Die Boodskap (DB)
’n Spesiale plek met twee kamers is reggemaak. Die eerste kamer is die “Heilige deel” genoem. Daar het hulle ’n lamp en die tafel met die heilige brood gesit. Tussen die eerste en die tweede kamer het daar ’n gordyn gehang wat die twee van mekaar geskei het. Die tweede kamer is die “Heiligste deel” genoem.
HEBREËRS 9:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat die aardse heiligdom betref: die verbondstent het twee vertrekke bevat. In die eerste een, dié een wat die Heilige genoem word, het die kandelaar en die tafel met die offerbrode gestaan. Aan die agterkant van die Heilige was daar ’n tweede gordyn, en daaragter was die tweede vertrek wat bekend gestaan het as die Allerheiligste.