HEBREËRS 4:7-11
HEBREËRS 4:7-11 Bybel vir almal (ABA)
Daarom het God besluit dat daar weer 'n dag sal wees wat Hy “Vandag” noem. Dit het gebeur toe Dawid lank hierna gepraat het oor die dinge waaroor ek nou geskryf het. Dawid het gesê: Vandag, wanneer julle luister na wat God sê, dan moet julle nie hardkoppig wees nie. Want as Josua die volk gebring het in 'n land waar hulle veilig kan woon en kan rus, dan sou God nie later gepraat het van 'n ander dag nie. Daarom sal die volk van God nog kom in die land waar hulle veilig kan woon en kan rus, soos hulle op die Sabbatdag rus. Want wanneer God iemand laat rus, dan werk die persoon nie meer nie, soos God gerus het toe Hy klaar gewerk het. Daarom moet ons hard probeer om daardie rus by God te kry, sodat niemand van ons so ongehoorsaam sal wees soos Israel was nie.
HEBREËRS 4:7-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
bepaal Hy weer 'n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van 'n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus 'n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.
HEBREËRS 4:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het immers weer 'n dag bepaal, naamlik “vandag”, wanneer Hy, soos reeds voorheen aangehaal, soveel later by monde van Dawid sê: “Vandag, as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie.” As Josua hulle in die rus laat ingaan het, sou God nie daarná nog van 'n ander dag gepraat het nie. Daar wag dus nog steeds 'n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie.
HEBREËRS 4:7-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
bepaal Hy weer 'n sekere dag, dit is “vandag”, wanneer Hy baie later, soos hierbo reeds genoem, deur Dawid sê: “Vandag, as julle sy stem hoor, moenie julle harte verhard nie!” As Josua hulle dan tot rus gebring het, sou Hy nie gepraat het van 'n ander dag daarna nie. Daar bly dus steeds 'n sabbatsrus oor vir die volk van God. Want wie in sy rus ingegaan het, het self ook gerus van sy werke – soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand dalk in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid verval nie.
HEBREËRS 4:7-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weer beperk hy 'n sekere dag deur in Dawid te sê: Vandag, na so 'n lang tyd; soos daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. Want as Jesus hulle rus gegee het, sou Hy nie later van 'n ander dag gepraat het nie. Daar bly dus rus oor vir die volk van God. Want wie in sy rus ingegaan het, hy het ook opgehou van sy eie werke, soos God van syne gedoen het. Laat ons ons dan arbei om in daardie rus in te gaan, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongeloof val nie.
HEBREËRS 4:7-11 Die Boodskap (DB)
Maar God het die mense nog ’n kans gegee. Daarom het Hy nog ’n dag, wat Hy “vandag” noem, gegee. Hy het lank daarna weer deur Dawid daaroor gepraat: “Vandag, as julle God met julle hoor praat, moet julle Hom nie ignoreer nie.” Hierdie rus wat God aan mense beloof het, is nie die rus wat Josua vir die Israeliete gegee het toe hy hulle in Kanaän ingelei het nie. Dan sou God mos nie jare later deur Dawid weer van ’n ander dag (die “vandag”) gepraat het nie. Vir God se mense wag daar dus ’n spesiale rus soos God op die sewende dag gerus het. Iemand wat vir ewig saam met God sal rus, sal net soos God rus nadat Hy alles gemaak het. Ons moet nie die voorbeeld van die ou Israeliete volg en by God in die moeilikheid beland soos hulle nie. Hulle wou mos nie na God luister nie. Ons moet egter ons uiterste bes probeer om seker te maak dat ons vir ewig saam met God sal gaan rus.
HEBREËRS 4:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gevolglik het God weer ’n dag bepaal om sy rus binne te kan gaan. Daardie dag is vandag. God het dit aansienlik later deur Dawid aangekondig, naamlik: “Vandag wanneer julle sy stem hoor, moet julle nie julle harte verhard nie.” Hierdie nuwe rusplek was nie die land Kanaän waarheen Josua die Israeliete gelei het nie. Anders sou God nie later van ’n ander plek van rus gepraat het nie. Daar wag dus nog ’n heel spesiale rus vir God se volk. Want almal wat in hierdie rus van God ingaan, sal self rus van hulle moeitevolle arbeid, soos God ook van sy eie skeppingswerk gerus het. Kom ons span dan alles in om daardie rus binne te gaan sodat niemand van ons dalk hulle slegte voorbeeld van ongehoorsaamheid volg en ook omkom nie.