HEBREËRS 13:12-15
HEBREËRS 13:12-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom het ook Jesus so buite die stadspoort gely, sodat Hy die volk deur sy eie bloed kon heilig. Laat ons dus uitgaan na Hom buite die laer, en sy smaad verduur. Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons is op soek na die toekomstige stad. Laat ons dan deur Hom voortdurend 'n lofoffer aan God bring – dit is die vrug van lippe wat sy Naam saam bely.
HEBREËRS 13:12-15 Die Boodskap (DB)
So is Jesus ook buite die stad dood, sodat Hy mense met sy bloed vir God aanvaarbaar kon maak. Laat ons dan na Jesus toe gaan daar buite die stad, al moet ons net so bespot en verag word soos Hy. Ons eintlike plek waar ons gaan bly, is mos nie op aarde nie, maar ons sien uit na die blyplek wat aan die kom is. Laat ons God daarom gedurig prys en mooi dinge oor Hom sê omdat Jesus dit vir ons moontlik maak. Dít moet mense doen wat openlik sê dat hulle aan God behoort.
HEBREËRS 13:12-15 Bybel vir almal (ABA)
Daarom het ook Jesus buite die stad se poort swaargekry en gesterf sodat Hy met sy eie bloed die volk kon wy, ja, Hy het dit gedoen toe Hy vir ons gesterf het. Daarom moet ons uitgaan na Jesus toe, Hy is buite die kamp. Ons moet gaan terwyl die mense ook vir ons beledig soos hulle vir Hom beledig het. Want hier op die aarde het ons nie 'n stad wat vir altyd daar sal wees nie, maar ons wil graag die stad hê wat later sal kom. Jesus help vir ons, en daarom moet ons aanhou om 'n offer vir God te bring, ons moet Hom prys sodat almal dit kan hoor.
HEBREËRS 13:12-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra. Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige. Laat ons dan gedurig deur Hom aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
HEBREËRS 13:12-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om die volk deur sy eie bloed van hulle sonde te reinig. Laat ons dan nou uitgaan na Hom toe buitekant die laer en die smaad dra wat Hy gedra het, want ons het in hierdie wêreld geen vaste verblyfplek nie, ons is op soek na die toekomstige. Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God 'n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely.
HEBREËRS 13:12-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom het Jesus ook buitekant die poort gely, om die volk deur sy eie bloed te heilig. Laat ons dan na hom uitgaan buitekant die laer en sy smaad dra. Want hier het ons geen blywende stad nie, maar ons soek een wat kom. Laat ons dan gedurigdeur deur Hom die lofoffer aan God bring, dit is die vrug van ons lippe wat sy Naam loof.
HEBREËRS 13:12-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om sy volk met sy eie bloed aan God toe te wy. Kom ons gaan dan uit na Hom toe buitekant die laer en ons dra saam aan die smaad wat Hy moes verduur. Want ons het hier geen blywende stad nie; ons hunker na die komende stad van God. Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, ’n voortdurende offer van lofprysing aan God – ’n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely.